Die Vrouekampioenetrofee 2027 (Engels: 2027 ICC Women’s Champions Trophy) word van 14 tot 28 Februarie 2027 in Indië beslis word. Dit sal die eerste Vrouekampioenetrofee in T20I-krieket wees wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word.
Die gasvroue Indië sal saam met die vyf beste nasionale spanne IKR se EDI-ranglys soos op 6 Julie 2026 sal aan die Vrouekampioenetrofee 2027 deelneem. Al die spanne sal in een groep gespeel en 16 wedstryde speel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep sal speel. Die twee beste spanne sal hierna mekaar in die eindstryd ontmoet.
Toewysing Met die instelling van die Vrouekampioenetrofee in 2022 het die Internasionale Krieketraad die toernooi oorspronklik aan Sri Lanka toegewys. In Junie 2026 was Sri Lanka egter sy gasheerregte kwyt en dié toernooi is aan Indië oorhandig.
Deelnemers Ses spanne sal aan die Vrouekampioenetrofee 2027 kan deelneem.
Kwalifiserende spanne Die volgende ses spanne het regstreeks vir die Vrouekampioenetrofee 2027 gekwalifiseer.
SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasheerEerste – DebuutT20I-vroueranglys op6 Julie 2026Eerste – DebuutEerste – DebuutEerste – DebuutEerste – DebuutEerste – DebuutEerste – Debuut
Stadions Tydens die toernooi sal twee Indiese stadions gebruik word.
Mumbai Vadodara Brabourne-stadion Baroda-krieketverenigingstadion Kapasiteit: 50 000 Kapasiteit: 40 000 200px 200px
Formaat Die Vrouekampioenetrofee 2027 sal tussen ses verskillende spanne oor 16 wedstryde beslis word.
Groepfase Die Vrouekampioenetrofee 2027 sal deur ses nasionale vrouekrieketspanne beslis word. Vir die groepfase sal die ses deelnemende spanne in een enkele groep geplaas word; elke span sal een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep speel, dus sal elke span vyf wedstryde in die groepfase speel. Twee punte sal vir ’n oorwinning toegeken word, een punt vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte eindig, sal volgens lopietempo gerangskik word. Die twee beste spanne sal mekaar in die eindstryd ontmoet.
Wedstryde Die wedstryde sal in twee fases opgedeel word, naamlik die groepfase en die eindstryd.
Groepfase Kwalifiseer vir die eindstryd.Uit die toernooi geskakel. Ses spanne sal aan die groepfase deelneem. Die twee beste spanne sal mekaar in die eindstryd ontmoet.
Span00000—00000—00000—00000—00000—00000—
Eindstryd
Vrouekampioenetrofeewenner 2027Wenner Eindstryd
Sien ook
Verwysings
Kategorie:Geskiedenis van Indië Kategorie:Krieketkompetisies in Indië 2027 Kategorie:Sport in 2027