Die plaas Mooimeisiesfontein by Riebeek-Oos was die eiendom van Piet Retief.
Ligging Die opstal is by 33° 12′ 44″ suid, 26° 9′ 58″ oos, grens aan die dorp en is 40 km noordwes van Grahamstad langs die R400-roete.
Plaas Hierdie plaas van net meer as 2600 ha was van 1814 tot 1836 die eiendom van Retief. Toe reeds is dit as een van die beste plase in Albanie beskou, want daar was twee fonteine. Hy het daar met vee geboer, maar ook ‘n vrugteboord aangeplant. Blykbaar het Retief self hier brandewyn gestook. Retief het die helfte van sy grond verkoop waarop mettertyd die dorp ontwikkel het.
Huis Retief het self die ruim huis met sy leiklipdak en geelhoutplafon gebou. Weens die Kaapse grensoorloë het die Retief-gesin vir veiligheid tye in Uitenhage en Graaff-Reinet gaan woon. Toe hy by die Groot Trek aansluit, verkoop Retief sy plaas en huis. In 1910 koop die NG Kerk die huis en 17 ha daar rondom om as kinderhuis te dien vir ‘n 100 seuns uit verarmde Afrikanergesinne. Die huis is op 27 April tot monument verklaar en die Piet Retief-kinderhuis is in 1978 opgehef.
Bibliografie https://artefacts.co.za/main/Buildings/bldgframes_mob.php?bldgid=7986 https://commons.wikimedia.org/wiki/File:Mooimeisiesfontein.jpg https://grocotts.ru.ac.za/2009/11/02/mooimeisiesfontein-so-many-different-uses/ https://www.theheritageportal.co.za/notice/leasing-mooimesiesfontein-piet-retief-farmhouse
Kategorie:Oos-Kaap Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika