Phyllis Stewart Schlafly (gebore Phyllis McAlpin Stewart; 15 Augustus 1924 – 5 September 2016) was 'n Amerikaanse prokureur en konserwatiewe aktivis wat prominent was in die konserwatiewe beweging in die Verenigde State van Amerika. Sy was 'n opponent van feminisme, gays en aborsie in die Verenigde State, en het 'n suksesvolle veldtog gevoer teen die ratifikasie van die "Equal Rights"-wysiging tot die Grondwet van die Verenigde State.
Meer as drie miljoen eksemplare van haar selfgepubliseerde boek, A Choice Not an Echo (1964), 'n polemiek ter ondersteuning van die Republikeinse kandidaat Barry Goldwater, en wat die meer liberale Ooskus-Republikeine, met Nelson Rockefeller aan die hoof daarvan, veroordeel het, is verkoop of gratis versprei. Schlafly was die mede-skryfster van boeke oor nasionale verdediging, en was krities oor ooreenkomste oor vuurwapenbeheer met die Sowjetunie.Chip Berlet and Matthew N. Lyons. 2000. Right-Wing Populism in America: Too Close for Comfort. New York: Guilford Press, p. 202.
In 1972 was Schlafly die stigter van die Eagle Forum, 'n konserwatiewe politiese belangeorganisasie, waarvan sy tot haar heengaan in 2016 die voorsitster en HUB was. Sy was tot en met haar dood 'n aktiewe stryder vir konserwatiewe beginsels.
Vroeë lewe Sy is gebore as Phyllis McAlpin Stewart, en het grootgeword in St. Louis. Schlafly se oor-grootvader Stewart, wat 'n lidmaat was van die Presbiteriaanse Kerk, het in 1851 van Skotland na New York geëmigreer en weswaarts deur Kanada beweeg voordat hy hom in Michigan gevestig het. Men of West Virginia. Biographical Publishing Co., Chicago: 1903, pp. 157–158. Haar grootvader, Andrew F. Stewart, was 'n werktuigkundige en het vir die Chesapeake & Ohio Railway gewerk. Schlafly se vader, John Bruce Stewart, was 'n masjinis en verkoopsman van industriële toerusting, hoofsaaklik vir Westinghouse Electric Corporation. Hy het in 1944 'n patent verkry vir 'n rotasiemotor.Carol Felsenthal, The Sweetheart of the Silent Majority: The Biography of Phyllis Schlafly. (Doubleday, 1981).
Gedurende die Groot Depressie was Schlafly se vader vir lang tye werkloos, beginnende in 1932.Donald Critchlow. Founding Mother-Phyllis Schlafly and Grassroots Conservatism: A Woman's Crusade, p. 422. Voor haar huwelik was haar moeder, Odile Stewart (née Dodge), 'n onderwyseres aan 'n privaatmeisiesskool St. Louis. Tydens die depressie het sy weer begin werk as bibliotekaresse en onderwyseres ten einde haar gesin te ondersteun. Mevrou Stewart kon haar gesin op die wyse aan die lewe hou en Phyllis laat skoolgaan in 'n katolieke meisiesskool.Ehrenreich, pp. 152–153. Phyllis se enigste suster of broer was haar jonger suster, Odile.
Opvoeding Schlafly het aanvanklik aan Maryville College gestudeer, maar na 'n jaar haar studies aan die instelling gestaak en ingeskryf aan die Washington-universiteit in St. Louis.Critchlow 2005, pp. 22-23. In 1944 het sy 'n B.A.-graad aan die instelling verwerf. In 1945, nadat sy aanvanklik gestudeer het aan Harvard,Conservative just co-authored a new book. St. Louis Post-Dispatch, 6 September 2016, p. A13. Besoek op 17 September 2023 verwerf sy 'n meestersgraad in regeringskunde aan Radcliffe College.Radcliffe timeline
In Strike From Space (1965) skryf Schlafly dat sy gedurende die Tweede Wêreldoorlog, werksaam was as "'n ballistiese tegnikus by die grootste ammunisieaanleg ter wêreld". Sy het in 1978 'n Juris Doctor-graad verwerf aan die Washington University School of Law.
Aktivisme en politiese aktiwiteite duimnael|Een van Schlafly se vroeë ondervindinge in die politiek was haar deelname aan die suksesvolle verkiesingsvekdtog van kongreslid Claude I. Bakewell in 1946. In 1946 het Schlafly 'n navorser geword vir die American Enterprise Institute. sy was deel van die suksesvolle verkiesingsveldtog van die Republikein Claude I. Bakewell vir die Huis van Verteenwoordigers.Critchlow 2005, pp. 25–29.
Tydens die verkiesing vir die Huis van Verteenwoordigers in 1952 het sy as Republikein gestaan vir Illinois se 24ste kongressionele distrik. Sy het die Republikeinse voorverkiesing gewen teen John T. R. Godlewski. met 18,793 stemme (61.14%) teenoor 11,943 (38.86%) stemme.Official Vote of the State of Illinois -- Cast at the General Election, 4 November 1952, Judicial Election, 1951 Primary Election General Primary, April 8, 1952, Compiled By Charles F. Carpentier Secretary of State (1952) Sy het egter die algemene verkiesing verloor teen die ingesetene, die Demokraat Charles Melvin Price, met 63,778 stemme (35.20%) teenoor Price se 117,408 stemme (64.80%).Critchlow 2005, pp. 47–59. Schlafly se begroting vir die veldtog was nie baie groot nie, en sy het swaar gesteun op die plaaslike gedrukte media, die groot ammunisievervaardigers John M. Olin en Spencer Truman Olin, en die Texas-oliemiljardêr H.L. Hunt.Critchlow 2005, p. 55. Sy was die hoofspreekster tydens die Illinois-staatskonvensie van die Republikeinse Party in Junie 1952. In haar toespraak het sy die Truman-administrasie daarvan beskuldig dat hulle "ons kinders demoraliseer deur slegte voorbeelde vir hul te stel, ons mans vir militêre diensplig oproep, en ons gesinsinkomste konfiskeer." Vroeg in Julie 1952 het sy haar eerste Republikeinse Nasionale Konvensie bygewoon. Sy sou elke daaropvolgende Republikeinse Nasionale Konvensie tot haar dood bywoon. As deel van die Illinois-afvaardiging van die 1952-konvensie het Schlafly die Amerikaanse senator Robert A. Taft onderskryf as die party se genomineerde in die presidensiële verkiesing.Critchlow 2005, p. 46.
Sy het in 1957 saam met haar man 'n belangrike rol gespeel in die skryf van die "American Bar Association's Report on Communist Tactics, Strategy, and Objectives." Donald T. Critchlow skryf dat dit "nie slegs een van die wyd geleesde dokumente ooit deur die ABA was nie, maar dat dit waarskynlik die enkele mees wyd geleesde publikasie van die voetsoolvlak-antikommunistiese beweging was."Critchlow 2005, online
Schlafly is verkies om te dien as alternatiewe afgevaardigde na die Republikeinse Nasionale Konvensie in 1960 vir Illinois se 24ste kongressionele distrik. Tydens die konvensie het Schlafly gehelp om 'n opstand van "morele konserwatiewes" te lei wat Richard Nixon se standpunt "teen segregasie en diskriminasie" teengestaan het.Warner, Judith. She Changed America , The New York Times, 29 Januarie 2006. Schlafly was weereens die Republikeinse kandidaat vir Illinois se 24ste kongressionele distrik in 1960. Sy het weer die verkiesing verloor teen Price, hierdie keer met 144,560 stemme (72.22%) teenoor 55,620 (27.79%) stemme.Official Vote of the State of Illinois Cast at the General Election November 8, 1952, Judicial Election 1959–1960 Primary Election General Primary April 12, 1960, Compiled by Charles F. Carpentier Secretary of State
Sy het nasionale prominensie verkry toe miljoene eksemplare van haar selfgepubliseerde boek, A Choice Not an Echo, versprei is ter ondersteuning van Barry Goldwater se presidensiële verkiesingsveldtog in 1964, veral in Kalifornië se wenner-neem-alle-afgevaardigdes, fel betwiste GOP-voorverkiesing. In die boek het Schlafly sterk te velde getrek teen die "Rockefeller-Republicans" en hul beskuldig van korrupsie en globalisme. Kritici het die boek beskryf as 'n samesweringsteorie oor "geheime koningmakers" binne die Republikeinse Party.Berlet and Lyons. 2000. Right–Wing Populism in America, pp. 180, 202. Schlafly was voorheen 'n lid van die John Birch Society; die stigter daarvan, Robert Welch Jnr., het haar 'n "baie lojale" lid genoem. Sy het later uit die organisasie bedank en ontken dat sy 'n lid was omdat sy gevrees het dat haar verbintenis met die organisasie haar boek se reputasie sou skaad. Deur wedersydse ooreenkoms is haar boeke nie in die vereniging se tydskrif, American Opinion, genoem nie, en die verspreiding van haar boeke deur die vereniging is so hanteer dat hul betrokkenheid verbloem is. Die vereniging kon 300 000 eksemplare van A Choice Not an Echo in Kalifornië versprei voor die Republikeinse voorverkiesing op 2 Junie 1964. Gardiner Johnson, lid van die Republikeinse Nasionale Komitee vir Kalifornië, het verklaar dat die verspreiding van haar boek in Kalifornië 'n belangrike faktor was in Goldwater se benoeming.
In 1967 het Schlafly haar veldtog om die presidentskap van die National Federation of Republican Women (NFRW) te bekom teen die meer gematigde kandidaat, Gladys O'Donnell van Kalifornië, verloor. Die uittredende NFRW-president en toekomstige Tesourier van die Verenigde State, Dorothy Elston van Delaware, het tydens die veldtog teen Schlafly gewerk.Critchlow 2005, pp. 138-59.
In 1970 was Schlafly onsuksesvol in haar veldtog om Illinois se 23ste kongressionele distrik; sy het verloor teen die ingesetene, die Demokraat George E. Shipley, met 91,158 stemme (53.97%) teenoor haar 77,762 (46.04%) stemme. Hierna het sy nooit weer probeer om 'n openbare amp te betree nie.
Amerikaanse feministe het hul grootste poging aangewend om nasionale aandag te trek tydens die Nasionale Vrouekonferensie van 1977 in Houston; die historikus Marjorie J. Spruill voer egter aan dat die anti-feministe onder leiding van Schlafly 'n hoogs suksesvolle teenkonferensie, die Pro-Life, Pro-Family-byeenkoms, georganiseer het om teen die Nasionale Vrouekonferensie te protesteer en dit duidelik te maak dat feministe nie namens hulle praat nie. Tydens hul byeenkoms by die NRG Arena het hulle 15 000 mense getrek, en die begin van 'n pro-gesinsbeweging aangekondig om politici wat feminisme en liberalisme ondersteun, teen te staan, en om gesinswaardes in die Amerikaanse politiek te bevorder, en sodoende die Republikeinse Party na regs te skuif en die bekragtiging van die ERA (Equal Rights Amendment, of in Afrikaans, die Gelyke Regte-wysiging) te verslaan. Marjorie J. Spruill.Divided We Stand: The Battle Over Women's Rights and Family Values That Polarized American Politics. (2017) online review .
Teenkanting van die Gelyke Regte-wysiging (ERA) duimnael|120px|Die simbool wat gebruik is op tekens en knope van ERA opponente Schlafly het gedurende die 1970's 'n uitgesproke teenstander van die Equal Rights Amendment (ERA) geword as die organiseerder van die "STOP ERA"-veldtog. STOP het gestaan vir "Stop Taking Our Privileges". Sy het aangevoer dat die ERA geslagspesifieke voorregte wat vroue geniet, sou wegneem, insluitende die "afhanklike vrou"-voordele onder die maatskaplike sekerheidstelsel van die Verenigde State, aparte badkamers vir mans en vroue, en vrystelling van selektiewe diensplig (militêre diensplig). Sy is bestry deur groepe soos die National Organization for Women (NOW) en die ERAmerica-koalisie. Die Homemakers' Equal Rights Association is gestig as teenkanting tot Schlafly se veldtog.
In 1972, toe Schlafly haar veldtog teen die Gelyke Regte-wysiging van stapel gestuur het, was die wysiging reeds geratifiseer deur 28 van die vereiste 38 deelstate. Sewe verdere deelstate het die wysiging geratifiseer nadat Schlafly haar veldtog geloods het, maar 'n verdere vyf deelstate het hul ratifikasie herroep. Die laaste deelstaat wat die wysiging geratifiseer het was Indiana, waar staatsenator Wayne Townsend die deurslaggewende stem was in Januarie 1977. (Nevada, Illinois en Virginië het die wysiging geratifiseer tussen 2017 en 2020, baie jare nadat die sperdatum om so te doen reeds verstryk het.)
Die Gelyke Regte-wysiging is nouliks verslaan, nadat dit in altesaam 35 state bekragtig is. Die Politieke wetenskaplike, Jane J. Mansbridge, het in haar geskiedenis van die Gelyke Regte-wysiging tot die volgende gevolgtrekking gekom:
Joan Williams argumenteer dat die "ERA verslaan is toe Schlafly dit verander het in 'n oorlog tussen vroue oor geslagsrolle." Die geskiedkundige Judith Glazer-Raymo argumenteer soos volg:
Kritici van Schlafly het daarop gewys dat sy nie 'n tipiese huisvrou was nie, aangesien sy baie betrokke was by politieke aangeleenthede.
Uitsaaiwese