Anthony Michael Gordon (gebore 24 Februarie 2001) is 'n Engelse professionele sokkerspeler wat as vleuel vir die La Liga-klub Barcelona en die Engelse nasionale span speel.
Gordon het sy professionele loopbaan by Everton begin en sy senior debuut in Desember 2017 gemaak voordat hy hom in 2023 by Newcastle United aangesluit het. In 2026 het hy by FC Barcelona aangesluit.
Ten spyte van sy Ierse en Skotse afkoms, het hy op 23 Maart sy debuut vir die senior Engelse nasionale span gemaak toe hy in Engeland se 1–0-nederlaag teen Brasilië op Wembley-stadion begin het. Op 17 November 2024 het hy sy eerste doel vir die senior nasionale span aangeteken in 'n oorwinning van 5–0 oor die Republiek van Ierland.
Hy was deel van die Engelse span by die 2026 FIFA Wêreldbekertoernooi, waar hy die openingsdoel in die halfeindstryd teen Argentinië aangeteken het – 'n wedstryd wat Argentinië uiteindelik met 2–1 gewen het.
Verwysings
Kategorie:Engelse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 2001 Kategorie:Lewende mense