Die Sentrale Lyn (of Sentraallyn) (Engels: Central Line) is 'n Metrorail Wes-Kaap-pendelspoorlyn wat die Kaapstad-spoorwegstasie in die middestad van Kaapstad met townships soos Langa, Philippi, Khayelitsha, Gugulethu en Mitchells Plain op die Kaapse Vlakte verbind.
Sentrale Lyn-treine vertrek vanaf Kaapstad-stasie op een van twee roetes, en dan langs drie takke vanaf Langa na verskeie gebiede in die suidooste van die stad. Die eerste tak loop na Mitchells Plain (Kapteinsklip), die tweede na Khayelitsha (Chris Hani), en die derde gaan deur Belhar en eindig by Bellville.
Die spoorlyn word beskryf as een van die belangrikste spoorlyne landswyd. Voor die opskorting van treindienste in 2019, het die spoorlyn byna half 'n miljoen pendelaars daagliks vervoer. Geskiedenis Begin en uitbreiding tot Mitchells Plain en Khayelitsha: 1939 tot 2009 Die spoorlyn tussen Pinelands en Langa is op 4 Desember 1939 geëlektrifiseer, wat in wese die ontstaan van die latere Sentrale Lyn was. Ná die begin van apartheid 1948 is spoorlyne as deel van die witminderheidsregering se stadsbeplanning gebruik om rassegeskeide woongebiede van mekaar te skei. Gesubsidieerde treindienste het werkers daagliks goedkoop tussen afgeleë townships op die Kaapse Vlakte en die ekonomiese sentrums in wit gebiede van Kaapstad vervoer. duimnael|Die spoorlyne van Metrorail Wes-Kaap. Die Sentrale Lyn word in donkerblou uitegebeeld
In 1959 is die spoorlyn verder tot Nyanga geëlektrifiseer. Tussen 1962 en 1963 is 'n nuwe dubbelspoorlyn vanaf Kaapstad-stasie tot by Langa verleng wat Langa-stasie gevolgik 'n aansluitingstasie gemaak het. 'n Enkelspoorlyn is kort daarna tussen Bonteheuwel en Kasselsvlei gebou. In 1980 is daar nuwe dubbelspoorlyne tussen Nyanga en Philippi en Kensington en Bellville gebou. Die spoorlyn tot by die Kapteinsklip-stasie en eindpunt in Mitchells Plain is in Julie 1980 geopen. Die eerste fase van die spoorlyn tot by Khayelitsha is in 1987 geopen. Die verlenging van die spoorlyn na die hedendaagse Chris Hani-stasie in die oostelike deel van Khayelitsha is reeds in die laat 1980's beplan, maar beplanning en bouwerk het eers in die middel-2000's begin, met 'n eerste-sooi-steek-seremonie in 2006 en voltooiing van die verlenging rondom 2008 en 2009. Die Chris Hani-stasie in Makhaza, Khayelitsha, is uiteindelik in 2009 geopen. Agteruitgang en opskorting van dienste: 2009 tot 2021 Op 23 Desember 2008 is die Suid-Afrikaanse Spoorpendelaarskorporasie (SASPK) hernoem tot die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (PRASA). Vanaf ongeveer 2011 het PRASA se onderhoudsvermoë begin verval en kon nie die Sentrale Lyn nie meer effektief in stand hou nie. Teen 2015 het die treindienste op die Sentrale Lyn begin ineenstort weens bestuursmislukkings, onvoldoende instandhouding en grootskaalse vandalisme. Mense het in 2016 die spoorlyn by Langa-stasie beset en informele nedersettings daarop opgerig. All treindienste op die Sentrale Lyn is toe uiteindelik in Oktober 2019 weens vandalisme en kabeldiefstal tot verdere kennisgewing opgeskort.
Tydens die streng inperkingstydperk weens die COVID-19-pandemie in Suid-Afrika, het PRASA alle sekuriteitskontrakte op die Sentrale Lyn gekanselleer weens finansiële druk. Dit het veroorsaak dat mense die spoorlyne by Langa, Philippi en Khayelitsha beset en informele nedersettings bou. Inbrake en vandalisme by stasies het ook toegeneem. Talle stasies op die Sentrale Lyn is deur diewe gestroop en vernietig. Die volgende stasies is die meeste gevandaliseer: Philippi, Heideveld, Netreg, Lentegeur, Mandalay, Bonteheuwel en Bishop Lavis.
Herstelperiode: 2021 tot 2026 In Februarie 2021 is 'n beperkte treindiens tussen Kaapstad-stasie en Langa-stasie heropen; treine kon nie verder gaan nie weens die informele nedersettings wat op die lyn ontstaan het. In Julie 2021 het die Wes-Kaapse Hooggeregshof aan PRASA 'n uitsettingsbevel toegestaan teen bewoners wat onwettig op die PRASA-grond langs die spoorlyn gewoon het. Die bevel het 'n sperdatum van ongeveer 26 November 2021 vir die ontruiming bepaal, maar dit is later in November 2021 tot Julie 2022 uitgestel op versoek van PRASA.
In Mei 2022 het die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, herstelwerk by Langa-stasie ondersoek. 'n Beperkte diens op die Pinelands tot Bellville-lyn via Langa, Bonteheuwel en Belhar is in Julie 2022 aangekondig. Mbalula het belowe dat die hele Sentrale Lyn teen Desember 2022 weer ten volle in bedryf sou wees. Hierdie sperdatum is egter nie gehaal nie. Die treindiens tussen Nyanga en Maitland is in Maart 2023 heropen; die nuwe X'Trapolis Mega-treinstelle is ook in Maart 2023 op die spoorlyn in gebruik geneem. In September 2024 is die spoorlyn tussen Nolungile en Philippi herstel. Die treindiens tot by Khayelitsha-stasie is weer in April 2025 in werking gestel. In Mei 2025 het die Minister van Vervoer, Barbara Creecy, die treindiens tot by Chris Hani-stasie en terminus amptelik heropen, danksy Operation Bhekela ("beweeg terug").
Die Kapteinsklip-lyn is op 23 Februarie 2026 gedeeltelik heropen; pendelaars moes by Philippi-stasie oorklim om na Kaapstad-stasie toe te gaan. 'n Direkte diens tussen Kaapstad en Kapteinsklip is op 2 Maart 2026 heropen; Alle roetes van die Sentrale Lyn is weer ten volle in bedryf. Stasies duimnael|regs|Bonteheuwel-stasie in Februarie 2017 duimnael|regs|Informele handelaars buite Khayelitsha-stasie in Februarie 2012 Die volgende stasies is op die Sentrale Lyn. Sedert Maart 2026 is alle stasies, behalwe Heideveld en Netreg, oop. KaapstadWoodstockEsplanadeSoutrivierPaardeneilandKoebergpadYsterplaatMaitlandMutualNdabeniPinelandsLangaBonteheuwelNetregLavistownHeideveldBelharNyangaUnibellPhilippiPentechLentegeurStockpadSareptaMitchells PlainMandalayBellvilleKapteinsklipNolungileNonkqubelaKhayelitshaKuyasaChris Hani
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treinstasies (Suid-Afrika) Kategorie:Sentrale Lyn