Wilhelmus Martinus Leonardus Johannes “Willy” van der Kuijlen (6 Desember 1946 – 19 April 2021) was ’n Nederlandse sokkerspeler. Hy is veral bekend vir sy tyd by PSV Eindhoven, waar hy baie doele aangeteken het, die Eredivisie drie keer gewen het, asook die UEFA-beker in 1978. Hy is die algehele topdoelskieter van die Eredivisie.

Sy tyd by die Nederlandse nasionale span was minder suksesvol, deels weens ’n persoonlike konflik met Johan Cruijff, na wie Van der Kuijlen spottend as “die Koning van Spanje” verwys het.

Verwysings

Kategorie:Nederlandse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1946 Kategorie:Sterftes in 2021