duimnael|No. 10 Opinel mes Opinel is 'n Franse vervaardiger van sakmesse. Die maatskappy vervaardig sedert 1890 'n mesreeks met houthandvatsels vanuit sy hoofkwartier in Saint-Jean-de-Maurienne, Savoie. Die onderneming verkoop jaarliks ongeveer 15 miljoen messe. Opinel-messe word vervaardig van sowel hoëkoolstofstaal as vlekvrye staal, waarvan laasgenoemde Sandvik-staal uit Swede is.

Opinel-messe is oorspronklik as werkersmesse verkoop, maar het mettertyd 'n simbool van die Franse kultuur geword.C NEWS, Le Couteau Opinel, La Lame Universelle, Directsoir, no 233, 30 october 2007, republished 7 July 2013, retrieved 15 May 2022 Die kunstenaar Pablo Picasso het na bewering een van die maatskappy se messe gebruik met sy beeldhouwerk. In 1989 het die Larousse-woordeboek Opinel as 'n geregistreerde handelsmerk opgeneem.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webtuiste

Kategorie:Kultuur in Frankryk Kategorie:Franse maatskappye