The Trespasser is 'n roman uit 1912 deur die Engelse skrywer D.H. Lawrence. Die verhaal speel af op die Eiland Wight en handel oor die karakter Siegmund, 'n getroude man met kinders, en sy owerspelige verhouding met Helena.

Dit was oorspronklik getiteld Saga of Siegmund, en is gebaseer op die ondervindinge van 'n vriendin van Lawrence, Helen Corke, en haar owerspelige verhouding met 'n getroude man, wat geëindig het met sy selfmoord. Lawrence het gebruik gemaak van Corke se dagboek, met haar toestemming, maar hy het haar ook aangemoedig om te publiseer, wat sy in 1933 gedoen het onder die titel Neutral Ground.

Ontvangs Die biograaf Brenda Maddox skryf in D.H. Lawrence: The Story of a Marriage (1994) dat The Trespasser geresenseer is deur die vertaler Constance Garnett, wat die laaste vyftig bladsye van die werk in kwaliteit vergelykbaar gevind het met "the best Russian school."

Verwerking Lawrence se roman is verwerk vir 'n 1981-televisierolprent, met onder meer Alan Bates as Siegmund; Pauline Moran as Helena; Margaret Whiting as Beatrice, vrou van Siegmund; en Dinah Stabb as Louisa, Helena se vriendin. Dit is geregisseer deur Colin Gregg en die draaiboek is deur Hugh Stoddart.

Standaard-uitgawe The Trespasser (1912), geredigeer deur Elizabeth Mansfield, Cambridge University Press, 1981,

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Engelse boeke