duimnael|175px|Cheever by die 2009 Indianapolis 500 Edward "Eddie" McKay Cheever jr. (Phoenix, Arizona, 10 Januarie 1958) is 'n voormalige Amerikaanse Formule 1-renjaer. Tussen 1978 en 1989 het Cheever in 132 Formule 1-wedrenne weggespring, wat hom die aktiefste Amerikaner in die geskiedenis van die sport maak. Hy het nege podiumplekke behaal en altesaam 70 Wêreldkampioenskappunte ingesamel.

300px|duimnael|links|Eddie Cheever in 'n Alfa Romeo 184 T tydens die Duitse Grand Prix van 1985. Behalwe Formule 1, was Cheever ook aktief in Sportmotors, Indy Racing League en CART. In 1997 het hy sy eie Indy Racing League-span gestig, waarmee hy die Indianapolis 500 in 1998 gewen het.

Kategorie:Amerikaanse renjaers Kategorie:Formule Een-renjaers Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Lewende mense