duimnael|John Steinbeck duimnael|The Grapes of Wrath speel af tydens die Groot Depressie Die onderstaande is 'n volledige lys van werke wat gepubliseer is deur John Steinbeck, een van die voorste Amerikaanse skrywers van die 20ste eeu. Steinbeck het tussen 1929 en 1966 sewentien fiksiewerke en tien nie-fiksie werke gepubliseer, sowel as verskeie kortverhale en draaiboeke. Steinbeck is gebore in Kalifornië. Sy romans handel dikwels oor Amerikaners uit die laer maatskaplike klasse in die westelike deelstate. Alhoewel The Grapes of Wrath en Of Mice and Men van sy gewildste werke is, het Steinbeck self East of Eden beskou as sy magnum opus. Die boeke was almal topverkopers saam met The Moon Is Down en Cannery Row. Hy het in 1962 die Nobelprys vir Letterkunde ontvang "vir sy realistiese skryfwerk, wat simpatieke humor en skerp maatskaplike persepsie kombineer".
Fiksie
Romans TitelJaarNotasCup of GoldHistoriese fiksie gebaseer op die lewe van die Wallieser Henry Morgan.To a God UnknownHandel oor 'n Kaliforniese beesboer (rancher) wat 'n godsdienstige obsessie ontwikkel oor die grond rondom hom.Tortilla FlatSteinbeck se eerste kritiese en kommersiële sukses; dit is verwerk vir 'n gelyknamige rolprent.In Dubious BattleSpeel af tydens 'n staking op 'n Kaliforniese plaas; verwerk vir 'n gelyknamige rolprent. The Grapes of WrathSpeel af tydens die Dust Bowl en Groot Depressie in Oklahoma en Kalifornië; wenner van die National Book Award en Pulitzer-prys; verwerk vir die gelyknamige rolprentCannery RowSpeel af in inmaakfabrieke in Monterey, KaliforniëThe Wayward BusWissel tussen verskeie oogpunte van karakters in Kalifornië se Salinas-vallei; kritiese lof het ontbreek, alhoewel die werk kommersieel suksesvol was.East of EdenSteinbeck se mees ambisieuse roman; volg twee Amerikaanse gesinne in die 19de en 20ste eeueSweet ThursdayOpvolg tot Cannery RowThe Winter of Our DiscontentSpeel af tussen aristokrate in Sag Harbor, Nieu-York; Steinbeck se laaste ware roman (nie verwerk uit 'n bestaande bron nie)The Acts of King Arthur and His Noble Knights'n Hervertelling van die Arthuriaanse legende, gebaseer op die Winchester-manuskripteks van Sir Thomas Malory se Le Morte d'Arthur tesame met 'n paar persoonlike briewe rakende die Arthuriaanse legende.John Steinbeck, The Acts of King Arthur and His Noble Knights, ed. Chase Horton (New York: Farrar, Straus & Giroux, 1976), Inleiding deur John Steinbeck, pp. xiii–xiv; sien ook Bylaag, brief gedateer 7 Julie 1958, p. 318. Dit is onvoltooid, en bevat slegs Verhale 1 en 3, wat postuum gepubliseer is.
Novelle TitelJaarNotasThe Red PonyBevat verhale wat handel oor die karakter Jody Tiflin, 'n seun wat grootword op 'n Kaliforniese beesplaas. Dit was aanvanklik 'n opvolgverhaal tussen 1933 en 1936, en is hierna in 1937 byeengevat in 'n selfstandige werk deur Covici Friede. Vertaal deur Leo van der Westhuijzen as Die rooi ponie, Human & Rousseau 1967, eerste Afrikaanse uitgaaf. Of Mice and MenTwee mans se vriendskap op 'n Kaliforniese plaas; die een is verstandelik gestremd; word gereeld voorgeskryf in VSA skole, maar ook gereeld gesensor; talle verwerkings is daarvan gemaakThe Moon Is DownSpeel af in 'n klein Noorse dorpie wat deur die Nazi's beset is tydens die Tweede Wêreldoorlog; geskryf om vir die verhoog verwerk te word; Steinbeck se eerste boek sedert Cup of Gold wat buite Kalifornië afspeelThe PearlDie verhaal handel oor pêrelduikers en is geïnspireer deur 'n Meksikaanse volksverhaal; een van Steinbeck se geliefdste werke Burning BrightGepubliseer as 'n poging om 'n toneelstuk oor te sit in romanvormThe Short Reign of Pippin IV: A FabricationPolitiese satire oor die Franse politiek
Kortverhaalbundels TitelJaarNotasThe Pastures of HeavenReeks van 12 verbandhoudende verhale wat afspeel in Monterey, KaliforniëThe Long ValleyDie bundeling van 12 aparte kortverhale, waarvan baie voorheen op 'n individuele grondslag gepubliseer is; dit sluit Steinbeck se novelle The Red Pony in
Nie-fiksie duimnael|Die bakkie en mobiele huis wat Steinbeck van gebruik gemaak het om deur die Verenigde State te reis, soos gedokumenteer in Travels with Charley TitelJaarNotasTheir Blood is StrongOorspronklik 'n reeks verhale wat in 1936 geskryf is vir The San Francisco News oor migrerende werkers in Kalifornië onder die titel The Harvest Gypsies; gebundel in 'n pamflet in 1938 met gepaardgaande foto's deur Dorothea Lange Brian E. Railsback, Michael J. Meyer, eds. A John Steinbeck Encyclopedia (Connecticut: Greenwood Press, 2006), 148.The Log from the Sea of Cortez'n Kroniek van Steinbeck se ervarings tydens die versameling van mariene-monsters in die Golf van Kalifornië saam met sy vriend Ed Ricketts; oorspronklik gepubliseer as Sea of Cortez: A Leisurely Journal of Travel and Research, wat sy weergawe van sy ondervindinge sowel as gedeeltes deur Ricketts verskaf.Bombs Away: The Story of a Bomber Team'n Aangevraagde werk, waarin Steinbeck onderhoudend skryf oor bomwerpersgroepe wat betrokke was by die Tweede Wêreldoorlog A Russian JournalOoggetuie-verslag van 'n reis deur die Sowjetunie gedurende die Koue Oorlog Once There Was a WarArtikels oor die Tweede Wêreldoorlog, gepubliseer in die New York Herald in 1943Travels with Charley: In Search of America'n Kroniek van 'n reis deur die Verenigde State saam met sy hond, Charley; Steinbeck se bekendste nie-fiksie werkAmerica and Americans'n Versameling essays wat fokus op Amerika; die laaste boek wat tydens Steinbeck se leeftyd gepubliseer isJournal of a Novel: The East of Eden LettersDie briewe wat East of Eden vergesel het, geskryf aan sy vriend en redakteur Pascal CoviciSteinbeck: A Life in LettersDie versamelde briewe van SteinbeckLetters to Elizabeth: A Selection of Letters from John Steinbeck to Elizabeth Otis'n Versameling briewe van John Steinbeck aan sy vriendin en literêre agent, Elizabeth OtisWorking Days: The Journals of the Grapes of Wrath'n Dagboek waarin Steinbeck geskryf het toe hy geskryf het aan The Grapes of Wrath in 1938 Steinbeck in Viëtnam: Dispatches from the War'n Versameling versendings wat geskryf is deur Steinbeck vir Newsday tydens die Viëtnamese Oorlog
Draaiboeke TitelJaarNotasThe Forgotten VillageDokumentêr wat die alledaagse voortbestaan in 'n klein Meksikaanse dorpie uitbeeld, en die veranderinge wat teweeggebring word deur modernisasieLifeboatDit volg 'n groep oorlewendes na 'n aanval deur 'n Duitse U-boot. Die oorlewendes is aan die genade van die see oorgelaat op 'n reddingsboot; die draaiboek deur Steinbeck is geskryf op versoek van die regisseur Alfred Hitchcock, alhoewel hy later die rolprent gekritiseer hetThe PearlGebaseer op Steinbeck se gelyknamige novelle oor pêrelduikers in 'n vissersdorpie; Steinbeck het die draaiboek saam met 'n ander persoon geskryf The Red PonyGebaseer op Steinbeck se gelyknamige novelle uit 1937. Dit speel af op 'n beesplaas in Salinas-vallei, Kalifornië; Steinbeck was ook mede-skrywer van die draaiboekViva Zapata!Gefiksionaliseerde uitbeelding van die lewe van Emiliano Zapata, 'n rewolusionêr wat 'n sleutelrol gespeel het tydens die Meksikaanse Rewolusie
Verwysings
Kategorie:Bibliografieë