My Dearest Senorita (Spaans: Mi querida señorita) is 'n Spaanse dramarolprent van 2026 wat deur Fernando G. Molina geregisseer en deur Alana S. Portero geskryf is. Dit is geskoei op die Spaanse fliek van dieselfde naam van 1972. Die hoofrol word vertolk deur die nuweling Elisabeth Martínez en ander rolle deur onder andere Anna Castillo, Paco León en Nagore Aranburu.

Die première was op 8 Maart 2026 op die Málaga-rolprentfees in Spanje en die prent is op 17 April 2026 in Spaanse teaters en op 1 Mei 2026 deur Netflix uitgereik.

Die oorspronklike prent van 1972 is deur Jaime de Armiñán geregisseer. Dit was die eerste Spaanse rolprent wat oor seksuele oriëntasie gehandel het. Dít was voorheen 'n taboe onderwerp in Spanje. Die prent is vir 'n Oscar benoem.

Storielyn In 1999 vind Adela, die enigste kind in 'n konserwatiewe gesin, uit sy is interseks, en so begin haar reis van selfontdekking, seksuele identiteit en liefde op onverwagte plekke.

Hoofakteurs

Elisabeth Martínez as Adela Anna Castillo as Isabel Paco León Nagore Aranburu Manu Ríos Eneko Sagardoy Lola Rodríguez María Galiana Delphina Bianco

Ontvangs Die prent het gemiddelde resensies gekry. Eduardo Parra van La Opinión de Málaga het gemeen hoewel die rolprent werk, is dit te verklarend "en in daardie goed bedoelde deursigtigheid gaan ’n deel van die misterie, pyn en moderniteit van die Spaanse klassieke werk verlore".

Raquel Hernández Luján van HobbyConsolas het die rolprent ’n telling van 50 punte gegee en betreur dat die rolprent, ondanks sy goeie idees en bedoelings, te veel probeer doen en dikwels verval in ’n "oormatige didaktiek".

Carmen L. Lobo van La Razón het die rolprent ’n driestergradering gegee en die eerste helfte daarvan geloof as die beste aspek van die rolprent, terwyl sy daarop gewys het dat León se karakter nie baie geloofwaardig is nie.

Javier Ocaña van El País het geskryf die beste aspek van die rolprent is dat dit (byna) presies dieselfde storie [as die oorspronklike prent] vertel, maar op ’n ander manier. Hy het dit beskyf as ’n "produk van ons tyd", maar het daarop gewys dat Portero se draaiboek voortdurend retories en verklarend is.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Spaanse rolprente