duimnael|450px||KI gegenereerde illustrasie van die Suid-Afrikaanse kernwapenprogram. Die Suid-Afrikaanse kernwapenprogram was ’n geheime militêre en tegnologiese projek wat gedurende die Koue Oorlog deur die regering van Suid-Afrika ontwikkel is. Die program het in die 1970's momentum gekry en het gelei tot die vervaardiging van ’n klein kernwapenarsenaal wat Suid-Afrika die enigste land in Afrika gemaak het wat kernwapens suksesvol ontwikkel het.International Atomic Energy Agency, Director General: The Denuclearization of Africa, GC(XXXVII)/1075, Aanhangsel 1, Anneks 1, 9 September 1993. Die ontwikkeling van die program het oor verskillende fases plaasgevind, met elke fase wat deur spesifieke doelwitte gekenmerk is. ’n Kenmerkende aspek van die Suid-Afrikaanse program was die inkrementele aard daarvan. Gedurende die vroeë 1960’s het die fokus hoofsaaklik op die ontwikkeling van ’n kerninfrastruktuur geval. Teen die laat 1960’s en vroeë 1970’s het aandag verskuif na die ontwikkeling van ’n sogenaamde “vreedsame” kerntoestel vir moontlike mynboudoeleindes. Eers vanaf die middel 1970’s het die program ontwikkel tot die skepping van ’n militêre kernwapenvermoë. (bl.219)
Suid-Afrika se kernwapens is ontwikkel met behulp van hoogs verrykte uraan, wat by fasiliteite soos die van die Atoomenergiekorporasie (AEK) van Suid-Afrika verwerk is. Internasionale aandag het in 1979 toegeneem ná die sogenaamde Vela-insident, wat moontlik verband gehou het met ’n geheime kerntoets deur Israel in die suidelike Indiese Oseaan.
Suid-Afrika se kernwapendoktrine is ontwerp as ‘n strategiese politieke hefboom eerder as vir gebuik op die slagveld, spesifiek om die Verenigde State te oorreed om in te gryp in enige streekskonflikte tussen Suid-Afrika en die Sowjetunie of sy bondgenote in Afrika. Om 'n minimum geloofwaardige afskrikking te bereik, is altesaam ses kernwapens teen die laat 1980's in die geheim vervaardig. In die vroeë 1990’s het Suid-Afrika onder president F. W. de Klerk besluit om sy kernwapenarsenaal vrywillig te ontmantel en by die Verdrag oor die Nie-verspreiding van Kernwapens (NPT) aan te sluit. Dit het Suid-Afrika die eerste land gemaak wat selfontwikkelde kernwapens volledig afgetakel het.De Klerk, F.W. (1993). Statement on the Nuclear Programme.
Internasionale ontleders het aangevoer dat Suid-Afrika se ervaring getoon het dat nasionale veiligheidsdoelwitte deur diplomatieke integrasie en internasionale samewerking bereik kan word, eerder as deur die besit van kernwapens. Die land se besluit om sy kernwapenvermoë af te skaf, het steun vir kernwapenvrye sones versterk, veral in Afrika deur die Verdrag van Pelindaba. In hierdie verband word die geskiedenis van Suid-Afrika se kernwapenproliferasie dikwels as ’n volledige kernwapen-lewensiklus beskryf: vanaf die vestiging van ’n kerninfrastruktuur en die ontwikkeling van ’n toestel vir sogenaamde “vreedsame” doeleindes, tot die skepping van ’n militêre afskrikvermoë, die aftakeling van die kernwapenprogram, en uiteindelik die aanvaarding van ’n aktiewe rol ter ondersteuning van internasionale nie-verspreidingsnorme. Hierdie ontwikkeling weerspieël die uiteindelike doelwit van die internasionale nie-verspreidingsregime ten opsigte van kernwapenstate. (bl.219)
Agtergrond Die Suid-Afrikaanse besluit om ’n kernwapenvermoë te ontwikkel moet verstaan word teen die agtergrond van die wêreldwye politieke en veiligheidsomgewing van die tyd, veral die oorheersende invloed van die Koue Oorlog op bedreigingspersepsies. Benewens hierdie internasionale konteks het binnelandse faktore ook ’n beduidende rol gespeel, insluitend tegnologiese vooruitgang en die manier waarop besluitnemers die bedreigings teen die land geïnterpreteer het. Die wetenskaplike gemeenskap het ook ’n belangrike rol gespeel, aangesien vooruitgang in die kernnavorsingsprogram geleidelik 'n tegniese vermoë geskep het wat later vir kernwapenontwikkeling aangewend kon word.
Vanaf die middel-1970’s tot die middel-1980’s is Suid-Afrika se beleidsvorming sterk beïnvloed deur ’n politieke realistiese wêreldbeskouing, waarin nasionale veiligheid en oorlewing sentraal gestaan het. Hierdie perspektief was nou verweef met die regering se interpretasie van die internasionale strategiese omgewing en die land se geïsoleerde posisie daarin. Alhoewel die besluit binne hierdie internasionale raamwerk geneem is, het unieke binnelandse dinamika veiligheidsdenke verder gevorm.
Teen die middel-1970's het internasionale norme rakende die nieverspreiding van kernwapens sterker begin ontwikkel, maar dit was nog nie universeel aanvaar nie. In hierdie konteks het ’n kombinasie van Koue Oorlog-gedrewe bedreigingspersepsies en die realiteite van Suid-Afrika se apartheidsbeleid die besluitneming oor kernwapens beïnvloed. Daarbenewens het die kernontwikkelingsprogram geleidelik 'n eie burokratiese momentum opgebou, wat voortgedryf is deur bestaande instellings en kundigheid, en wat binne die breër raamwerk van internasionale en binnelandse veiligheidskwessies gefunksioneer het.Van Vuuren, R. 2003. Nuclear Non-Proliferation: The South African experience in global context. Ongepubliseerde MA-verhandeling. Pretoria: Universiteit van Suid-Afrika.(bl161-162)
Aanvang van die kernbedryf in Suid-Afrika duimnael|KI gegenereerde voorstelling van die aanvang van die kernbedryf in Suid-Afrika. Teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog het generaal Jan Smuts, destydse eerste minister van Suid-Afrika, ’n streng geheime telegram van die Britse minister van finansies ontvang. Daarin is hy versoek om die moontlike teenwoordigheid van uraanafsettings in Suid-Afrika te ondersoek. Uraan was van strategiese belang vir die Manhattan-projek, wat daarop gemik was om kernwapens vir die Geallieerde magte te ontwikkel. Plaaslike ondersoeke, in samewerking met die mynbedryf, het vervolgens bevestig dat uraan in die meeste goudmyne van die Witwatersrand voorkom en as ’n neweproduk van goudontginning herwin kon word.Von Wielligh, N. The Story of Completeness: The Untold Part, ongepubliseerde dokument, Pretoria, Julie 1999, bl. 3.
Dit het die eerste fase van Suid-Afrika se kernbedryf ingelui, wat in die laat 1940’s hoofsaaklik op die ontginning en uitvoer van uraanerts gerig was. Ná die Tweede Wêreldoorlog is ’n toename in die wêreldvraag na uraan verwag, gedryf deur vooruitsigte van internasionale uitbreiding in die kernbedryf. Teen die agtergrond van hierdie verwagte ekonomiese voordele het die Suid-Afrikaanse regering in 1948 die Suid-Afrikaanse Atoomenergieraad (AER) tot stand gebring om kernnavorsing en -ontwikkelingsaktiwiteite te koördineer en te bevorder.Stumpf, W. “Birth and Death of the South African Nuclear Weapons Programme.” Aanbieding gegee by die konferensie “Fifty Years after Hiroshima”, georganiseer deur USPID (Unione Scienziati per il Disarmo) en gehou in Castiglioncello, Italië, 28 September tot 2 Oktober 1995, http://www.aec.co.za/strategy.htm ., (11 Mei 1999). duimnael|Kernsplyting, die grondslag van ‘n kettingreaksie wat sentraal is ten opsigte van die werking van ‘n kernwapen. Die VSA en die VK het Suid-Afrika as ’n strategiese bron van uraan beskou, aangesien die land na raming oor tot 25% van die nie-kommunistiese wêreld se uraanreserwes beskik het. Hierdie lande het gevolglik ook in plaaslike uraanverwerkingsfasiliteite belê. Die eerste volskaalse aanleg vir uraanonttrekking het in 1952 by die West Rand Consolidated Mine in bedryf gekom. Tussen 1953 en 1971 het die VSA meer as 40 000 ton Suid-Afrikaanse uraanoksied ingevoer, met ’n totale waarde van sowat $450 miljoen.Jaster, R.S. 1985. “South Africa.” In: Snyder, J.C. & Wells, S.F. (reds.), Limiting Nuclear Proliferation. Cambridge: Ballinger Publishing Company, bl. 148. links|duimnael|Personeellede van die AER in opleiding in die VSA. Van links na regs is dr. S.J. du Toit (fisika), dr. J.W.L. de Villiers 9reaktoringenieurswese), W.H. Tabor (Oak Ridge, VSA), dr. L le Roux (chemie) en dr. W.L. Grant (ingenieurswese). Die oorspronklike foto is op 7 April 1961 in Oak Ridge geneem. (Fotos 8) In ruil vir uraanuitvoere het Suid-Afrika kernverwante ondersteuning van die VSA ontvang. Meer as 90 Suid-Afrikaanse wetenskaplikes en tegnici is by Amerikaanse kernnavorsingsfasiliteite opgelei, wat ’n belangrike grondslag vir die land se eie kernnavorsings- en ontwikkelingsprogram gevorm het.Horton, R.E. 1999. Out of (South) Africa: Pretoria’s Nuclear Weapon Experience. Occasional Paper. US Air Force Institute of National Security Studies, Augustus, bl. 4 (elektroniese kopie). Terselfdertyd is 'n kernnavorsingsprogram aan die Universiteit van die Witwatersrand gevestig en ’n stigterslid van die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) geword.Jaster 1985, bl. 149.
In die raamwerk van die "Atoms for Peace"-program is daar in 1957 'n 50-jaarooreenkoms oor kernsamewerking tussen die VSA en Suid-Afrika gesluit.Minty, A.S. 1987. South Africa’s Nuclear Capability: The Apartheid Bomb. In: Worsley, P. & Hadjor, K.B. (reds.), On the Brink: Nuclear Proliferation and the Third World. Londen: Third World Communications, bl. 159. Kragtens hierdie ooreenkoms het Suid-Afrika die SAFARI-1 (South African Fundamental Atomic Research Installation)-reaktor ontvang, tesame met verrykte uraanbrandstof wat periodiek voorsien is.Masiza, Z. 1993. “A Chronology of South Africa’s Nuclear Program.” The Nonproliferation Review, 1(1), Herfs, bl. 35. Die reaktor is deur die Amerikaanse maatskappy Allis-Chalmers vervaardig en het in 1964 krities geraak by die Nasionale Kernnavorsingsentrum in Pelindaba, naby Pretoria.(bl.168)
Ontstaan van die kernplofstofprogram Vroeë kernnavorsing en uraanverryking duimnael|Skematiese voorstelling van die uraanverrykingsproses vanaf natuurlike uraan (geel) tot verrykte uraan (rooi) en verarmde uraan (groen) in 'n gassentrifugeaanleg. Bron: World Nuclear Association. links|duimnael|Gourits-gebied geïdentifiseer vir die beplande Pelinduna-reaktor. Die AER het reeds in 1959 ’n navorsings- en ontwikkelingsprogram vir die verwerking van natuurlike uraan begin.Newby-Fraser, A.R, Chain Reaction: Twenty Years of Nuclear Research and Development, The Atomic Energy Board, Pretoria, 1979, bl 5. In 1961 het die Kabinet die nasionale kernnavorsingsprogram formeel goedgekeur.(bl.3) Benewens fundamentele kernnavorsing het die AER hom toegespits op die ontwikkeling van ’n plaaslike konsep vir ’n natuurlike uraankragreaktor (Pelinduna), asook op die ontwikkeling van ’n proses vir uraanverryking wat die potensiaal ingehou het om die waarde van Suid-Afrika se uraanuitvoere aansienlik te verhoog. Weens die vroeë sukses van die verrykingsprogram en beperkte hulpbronne is die werk aan die Pelinduna-reaktorkonsep egter in 1967 gestaak.(bl.5)
Daarna het die AER se aktiwiteite hoofsaaklik op uraanverryking gekonsentreer. Met die beëindiging van die reaktorprogram kon nie alle wetenskaplikes wat daaraan verbonde was, elders binne die AER geakkommodeer word nie. ’n Interne komitee het gevolglik moontlike alternatiewe kernnavorsingsrigtings ondersoek wat met uraanverryking verband hou. In dié proses is die ontwikkeling van ’n sogenaamde "vreedsame kernplofstof" as ’n uitvoerbare en praktiese program vir die AER beskou. Hierdie aanbeveling is in 1969 deur die AER aanvaar.Onderhoud met Prof Andre Buys op 7 Junie 2000 in Pretoria.
Die ontstaan van die “vreedsame kernplofstof”-idee