Kolejowy Klub Sportowy Lech Poznań (Letterlik: Spoorweg-sportklub Lech Poznań), algemeen bekend as KKS Lech Poznań of eenvoudig Lech Poznań, is ’n professionele sokkerklub uit Poznań wat in die Ekstraklasa speel, die hoogste sokkerliga in Pole.
Die klub is op 19 Maart 1922 gestig as KS Lutnia Dębiec en het later verskeie name gehad. Tot 1994 was die klub nou verbonde aan die Poolse Staats Spoorweë (PKP). Daarom is die klub se gewilde bynaam Kolejorz, wat "Die Spoorman" beteken in plaaslike slang. Lech se debuut in die Poolse hoogste liga was in 1948. Die hoogtepunt van die klub was in die vroeë 1980’s en vroeë 1990’s met 5 ligatitels, 3 Poolse Bekers en 1 Poolse Superbeker. Tot op hede het Lech Poznań die Poolse liga nege keer gewen, die mees onlangse in 2025, en dit is die mees populêre klub in die Groot-Pole (’n historiese streek in wes-sentraal Pole).
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Kategorie:Poolse sokkerklubs