Die Eiselenlyn was 'n voorgestelde afbakeningslyn wat deel was van die beoogde maatreëls van die beleid van apartheid.
Idee Hierdie lyn, ook bekend as die kleurling-voorkeurlyn, was ‘n ekonomies-geografiese plan van W.W.M. Eiselen wat ingehou het dat die westelike deel van die destydse Kaapprovinsie as werkgebied vir kleurlinge gereserveer moet word. Die argument was dat hierdie deel van die land die tradisionele tuiste van die kleurlinge is en dat hulle die reg het om beskerm te word teen mededinging van die swartmense op die arbeidsmark. Alle swartmense moes dus uit die gebied ooswaarts geskuif word. Dit sou die kleurlinge glo genoeg ruimte bied om in hul regmatige behoeftes te voorsien.
Lyn Die grens van die beoogde gereserveerde werksgebied was in die noorde van die Kaapprovinsie die Oranjerivier en daarna die oostelike grense van die distrikte Britstown, Fraserburg, Beaufort-Wes, Prins Albert, Oudtshoorn en George. Dus het die volgende landdrosdistrikte net buite die afgebakende gebied geval: Upington, Griekwastad, Hopetown, De Aar, Richmond, Aberdeen, Murraysburg, Willowmore, Uniondale en Knysna.
Lees ook Wet op Bantoe-onderwys
Bibliografie Katzen, Leo: The economic effects of the removal of Africans from the Western Cape. In: Die Swart Serp, Desember 1962 / Januarie 1963. https://sahistory.org.za/sites/default/files/archive-files/BSDec62.0036.4843.006.004.Dec%201962.9.pdf https://www.researchgate.net/figure/The-Eiselen-line59_fig3_339850067 Snitcher, Flora: The Eiselen Scheme. https://sahistory.org.za/sites/default/files/archive-files2/asapr57.10.pdf
Kategorie:Apartheidswette in Suid-Afrika