Wellington Phoenix Football Club is 'n professionele sokkerklub gebaseer in Wellington, Nieu-Seeland. Dit ding mee in die Australiese A-league, onder lisensie van die Australiese Sokkerfederasie. Phoenix het tot die kompetisie toegetree in die 2007/08-seisoen ná sy stigting in Maart 2007 deur Nieu-Seelandse Sokkerbond om New Zealand Knights te vervang as 'n Nieu-Seeland-gebaseerde klub in die Australiese A-League-kompetisie. Sedert 2011 word die klub besit deur Welnix, 'n konsortium van sewe sakemanne uit Wellington.

Die klub is een van die min klubs in die wêreld wat meeding in 'n liga van 'n ander konfederasie (AFC) as dié van die land waar dit gebaseer is (OFC). Dit speel sy wedstryde by Hnry Stadium (voorheen Sky Stadium), 'n veeldoelige stadion met 'n kapasiteit van 34 500 in Wellington. Hul tuisdrag bestaan uit swart en geel strepe. Die klub se hoogste prestasie is om die A-League Voorronde-eindstryd in 2010 en die A-League Halfeindstryd in 2024 te bereik.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf

Kategorie:Nieu-Seelandse sokkerklubs