duimnael|'n prentjie van die 'Dansepideme van 1518'
Die dansepidemie van 1518 (of Die groot danskoors van 1518) was 'n ongewone historiese gebeurtenis wat in middel Julie 1518 in die stad Straatsburg (destyds deel van die Heilige Romeinse Ryk, nou in hedendaagse Frankryk) plaasgevind het. Tydens hierdie voorval was 'n groep inwoners vir 'n verlengde tydperk in 'n onbeheersde maniese gedans vasgevang. Die verskynsel het oor etlike weke voortgeduur en volgens historiese bronne het die aantal deelnemers tot honderde toegeneem. Individue het na bewering aan uitputting gely, maar die aantal sterftes wat plaasgevind het, indien enige, word betwis.
Historiese konteks Straatsburg het in die 16de eeu onder ekonomiese spanning, siektes en voedseltekorte gebuk gegaan. Die bevolking het in 'n tydperk van godsdienstige en sosiale onsekerheid geleef, en geskiedkundiges reken dat hierdie toestande moontlik tot hierdie gebeurtenis kon bydra.
Volgens die historikus John Waller het sommige inwoners geglo dat Sint Vitus die mag gehad het om mense met onbeheerbare gedans as 'n vorm van straf te treiter. In 'n samelewing wat reeds deur siektes en hongersnood beïnvloed is, kon hierdie oortuiging 'n stresverwante kollektiewe reaksie onder die inwoners veroorsaak het.
Verloop van die gebeurtenis Volgens beskrywings en dokumente uit die tydperk het die voorval begin toe 'n vrou met die naam Frau Troffea in Julie 1518 in die strate van Straatsburg begin dans het. Binne enkele dae het ander vele inwoners reeds by haar aangesluit. Oor die daaropvolgende weke het die aantal dansers geleidelik toegeneem. Plaaslike owerhede het aanvanklik geglo dat die dansers van die waansin sou herstel indien hulle toegelaat word om aan te hou totdat hulle "vry gedans" het.
Hedendaagse verslae meld dat sommige deelnemers weens uitputting ineengestort het. Die presiese aantal sterftes is onseker en word deur moderne navorsers bevraagteken
Moontlike verklarings Moderne historici en wetenskaplikes verskil oor die oorsaak van die Dansepidemie van 1518. Een verduideliking is dat dit 'n vorm van massahisterie of 'n kollektiewe psigologiese reaksie was, veroorsaak deur uiterste stres en sosiale druk.
'n Ander teorieë dui daarop dat vergiftiging deur ergot 'n swam wat brood kan besmet, simptome soos hallusinasies en onbeheerbare bewegings kon veroorsaak het. Hierdie verduideliking word egter deur sommige kenners bevraagteken.
Daar bestaan geen algemene konsensus oor die presiese oorsaak nie, en die gebeurtenis bly 'n onderwerp van historiese debat.
Nalatenskap en moderne belangstelling Die dansepidemie van 1518 word dikwels aangehaal as een van die merkwaardigste gevalle van massahisterie in die Europese geskiedenis. Die gebeurtenis word steeds deur historici en geleerdes bespreek as 'n voorbeeld van hoe sosiale en psigologiese faktore menslike gedrag kan beïnvloed.
Verwysings
Kategorie:Epidemies Kategorie:16de eeu Kategorie:Massahisterie Kategorie:Dans Kategorie:Geskiedenis van Europa