Leonard Susskind (* 16 Junie 1940)his 60th birth anniversary was celebrated with a special symposium at Stanford University.in Geoffrey West's introduction, he gives Suskind's current age as 74 and says his birthday was recent. is 'n Amerikaanse teoretiese fisikus, professor in teoretiese fisika aan Stanford-universiteit en stigter van die Stanford instituut vir teoretiese fisika. Sy navorsingsvelde sluit in snaarteorie, kwantum veld-teorie, kwantum statistiese meganika en kwantum kosmologie. Hy is 'n lid van die Verenigde State se Nasionale Akademie vir die Wetenskappe, en die Amerikaanse Akademie vir die Kunste en Wetenskappe, 'n assosiaat-lid van die fakulteit van Kanada se Perimeter instituut vir teoretiese fisika en 'n buitengewone professor aan die Koreaanse instituut vir gevorderde studies.

Susskind word wyd erken as een van die vaders van snaarteorie. In 1995 was hy die eerste persoon wat 'n presiese snaarteoretiese interpretasie van die holografiese beginsel verskaf het, en in 2003 was hy die eerste persoon wat die idee van die snaarteorie-landskap bekendgestel het.

Susskind het onder meer die 1998-J.J. Sakurai-prys, die 2018-Oskar Klein-medalje, en die Dirac-medalje van die Internasionale sentrum vir teoretiese fisika in 2023 ontvang.

Verwysings

Bibliografie An Introduction to Black Holes, Information and the String Theory Revolution: The Holographic Universe. World Scientific, 2005 Leonard Susskind, James Lindesay, , The Cosmic Landscape: String Theory and the Illusion of Intelligent Design. New York: Little, Brown, 2006, . The Black Hole War: My Battle with Stephen Hawking to Make the World Safe for Quantum Mechanics. Back Bay Books, New York Boston Londen, 2008, .

Verdere leesstof Chown, Marcus, "Our world may be a giant hologram", New Scientist, 15 Januarie 2009, uitgawe 2691: "Die hologramme wat jy op kredietkaarte en banknote vind, word op tweedimensionele plastiekfilms geëts. Wanneer lig daarvan weerkaats, herskep dit 'n 3D-beeld. In die 1990's het die fisici Leonard Susskind en die Nobelpryswenner Gerard 't Hooft voorgestel dat dieselfde beginsel op die heelal as geheel van toepassing kan wees. Ons daaglikse ervaring mag selfs 'n holografiese projeksie wees van fisiese prosesse wat op 'n verafgeleë, 2D-oppervlak plaasvind."

Eksterne skakels

Leonard Susskind se fakulteitsblad (Stanford-universiteit) Susskind se blog: Physics for Everyone The Theoretical Minimum webwerf, met die volledige stel gratis lesings Radio onderhoud: Leonard Susskind beskryf sy lewe as fisikus, snaarteorie en die holografiese beginsel tydens die The 7th Avenue Project radioprogram The Edge: "Onderhoud met Leonard Susskind. " "Smolin vs. Susskind: The Anthropic Principle" Susskind en Lee Smolin debatteer die Antropiese beginsel Radio onderhoud van This Week in Science, uitsending op 14 Maart 2006 "Father of String Theory Muses on the Megaverse": Potgooi

- A Ted talk

Kategorie:Geboortes in 1940 Kategorie:Amerikaanse fisici Kategorie:Amerikaanse wetenskaplikes Kategorie:Lewende mense