Wêreldwye gebruik van die Arabiese skrifalt=Arabic alphabet world distribution|senter|400x400px| Arabiese alfabet wêreldverspreiding Lande waar die Arabiese skrif voorkom: → die enigste amptelike skrif → amptelik saam met ander skrifte → amptelik op provinsiale vlak (China, Indië, Tanzanië) of 'n erkende tweede skrif van die amptelike taal (Maleisië, Tadjikistan) Die Arabiese skrif is die skryfstelsel wat gebruik word vir die Arabiese taal (Arabiese alfabet), sowel as ander tale van Asië en Afrika. Die skrif word van regs na links in 'n lopende styl geskryf, waarin die meeste letters in effens verskillende vorme geskryf word, afhangend daarvan of hulle alleen staan of aan 'n volgende of voorafgaande letter gekoppel is. Die skrif is enkelkas en het dus nie duidelike hoofletters of kleinletters nie. In die meeste gevalle transkribeer die letters slegs konsonante, dus is die meeste Arabiese alfabette abjads. Weergawes wat vir sommige tale gebruik word, en konsonante sowel as 'n paar vokale transkribeer, word as alfabette gereken, soos die Sorani-dialek van Koerdies, Kasjmiri, Gorani, Uyghur, Mandaryns en Serwo-Kroaties. Dit is die basis vir die tradisie van Arabiese kalligrafie.

Dit is die tweede mees gebruikte alfabetiese skryfstelsel ter wêreld, naas die Latynse skrif, volgens die aantal lande wat dit gebruik. Arabiese skrif is derde volgens die aantal gebruikers, naas die Latynse skrif en Chinese skryfstelsel. alt=Die woord "Arabies" in die Arabiese Naskh-skrif.|duimnael|Die woord "Arabies" in die Arabiese Naskh-skrif. Die skrif is aanvanklik gebruik om tekste in Arabies te skryf, veral die Koran, die heilige boek van Islam. Met die verspreiding van Islam het die skrif in baie taalfamilies posgevat. Nuwe letters en ander simbole is in gebruik geneem om aan te pas by die nuwe tale. Tale wat Arabiese skrif gebruik is onder andere Arabies, Persies ( Farsi en Dari ), Urdu, Uyghur, Koerdies, Pasjtoe, Punjabi ( Shamukhi ), Sindhi, Azerbeidjans, Maleis, Javaans, Soendanees, Madurees en Indonesies, Balochi, Luri, Kasjmiri, Cham, Rohingya, Somalies, Mandinka en Mooré. Tot en met die 16de eeu is dit ook soms in Spaanse tekste gebruik. Voor die Turse skrifhervorming van 1928 was dit die skryfstelsel van Turks.

Afrikaans is aanvanklik omstreeks 1830 in die Arabiese skrif neergepen deur die Kaapse Maleiers en word Arabiese Afrikaans genoem.

Geskiedenis Die Arabiese alfabet is afgelei van óf die Nabatese alfabet óf (minder algemeen geglo) direk van die Siriese alfabet, wat weer albei afgelei is van die Aramese alfabet, wat op sy beurt van die Fenisiese alfabet afgelei is. Die Griekse alfabet het ook sy wortels in die Fenisiese skrif, en dus so ook beide die Cyrilliese alfabet en die Latynse alfabet wat in Noord- en Suid-Amerika en die meeste Europese lande gebruik word.

In die 6de en 5de eeue v.C. het noordelike Arabiese stamme geëmigreer en 'n koninkryk rondom Petra in Jordanië gestig. Hierdie volk, die Nabateërs, het Nabataese Arabies, 'n dialek van die Arabiese taal, gepraat. Die eerste bekende geskrifte van die Nabataese alfabet in die Aramese taal dateer van ongeveer die 2de of 1ste eeue v.C. Dit was die taal van kommunikasie en handel, maar dit het 'n paar Arabiese taalkenmerke ingesluit: die Nabataeërs het nie die taal geskryf wat hulle gepraat het nie. Hulle het in 'n vorm van die Aramese alfabet geskryf wat aanhou ontwikkel het. Dit het in twee vorme verdeel: een vorm bedoel vir inskripsies (bekend as "monumentale Nabataese") en die ander, meer kursief en haastig geskryf, met saamgevoegde letters, soos vir die skrif op papirus. Hierdie kursiewe vorm het die monumentale vorm al hoe meer beïnvloed en geleidelik in die Arabiese alfabet verander.

Die term Ajamī, wat van die Arabiese wortel vir "vreemd" kom, word gebruik om na Arabies-gebaseerde ortografieë van Afrikatale te verwys.

Sien ook Geskiedenis van die alfabet

Verwysings

Kategorie:Abjads Kategorie:Skryfstelsels