Tucson (uitgespreek /ˈtuːsɒn/) is 'n stad in die suide van die Amerikaanse deelstaat Arizona. Die stad is in 1775 gestig en het 'n bevolking van omtrent 525 529 in 2008 gehad. Een van die stad se byname is The Old Pueblo.
Geografie Tucson lê in die suide van Arizona, in die suidweste van die VSA, 98 km noord van die Meksikaanse grens en 188 km suidoos van Phoenix, die hoofstad van Arizona. Tucson is 728 meter (2 389 voet) bo seevlak.
Demografie In 2000 het die stad 'n bevolking van 486 699 gehad: 70,15% wit, 4,33% swart of Afro-Amerikaans, 2,27% Amerikaanse inboorlinge, 2,46% Asiaties, 0,16% Pasifiese eilanders, 16,85% van ander rasse en 3,79% van twee of meer rasse. Spaans-Amerikaners of Latyns-Amerikaners van enige ras het 35,72% van die bevolking uitgemaak.
Susterstede 21px Almaty, Kasakstan 21px Ciudad Obregón, Meksiko 21px Guadalajara, Meksiko 21px Liupanshui, Volksrepubliek China 21px Nouakchott, Mauritanië 21px Pécs, Hongarye 21px Segovia, Spanje 21px Sulaymaniyah, Irak 21px Taichung, Taiwan (Republiek China) 21px Trikala, Griekeland
Kategorie:Nedersettings in Arizona