duimnael|logo Die Papier is ‘n weeklikse nasionale koerant in Afrikaans. Novus Media het die eerste uitgawe van die koerant op 6 Maart 2026 gepubliseer. duimnael|Voorblad van eerste uitgawe op 6 Maart 2026 Volgens Novus Media se persverklaring op 25 November 2025 sal “Die Papier elke Vrydag in druk en ook digitale formaat gepubliseer word en sal omvattende dekking bied van die week se nuus en die naweek se gebeure, asook gemeenskapstories, sakeontwikkelings, sport, kultuur en leefstylinhoud wat spesifiek vir Afrikaanssprekende lesers van belang is”.

Novus Media, ‘n afdeling van Novus Holdings, meld dat hierdie strategiese uitbreiding die groep se posisie in die drukmediamark sal versterk, “waar hy voortgaan om titels te bekom en te bou wat waarde aan teikengehore bied”. Barend Beukman, voormalige redakteur van Beeld, is as redakteur van die koerant aangestel.Nienaber, Malherbe. Beukman aan stuur van nuwe Afrikaanse koerant. 26 November 2025. Netwerk24.

André van der Veen, uitvoerende hoof van Novus Holdings, sê daar is steeds sterk geleenthede om gedrukte publikasies in gefokusde marksegmente te ontwikkel en te ondersteun. Hy beklemtoon egter dat dit ’n nuwe manier van werk en ’n fyn begrip van lesers se behoeftes vereis. Novus Holdings het teen die einde van 2024 Media24 se verspreidingsafdeling On the Dot, asook ’n reeks gemeenskapskoerante, oorgeneem ná Media24 se besluit om verskeie Afrikaanse koerante te sluit.Maroela-redaksie, 25 November. Nuwe Afrikaanse koerant in vooruitsig. https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/nuwe-afrikaanse-koerant-in-vooruitsig/ Besoek 27 November 2025.

Hoofkantoor en bereik Die redaksiekantoor van Die Papier is in The Zone @ Rosebank, Bakerstraat 177, Rosebank, Johannesburg geleë. As ’n weeklikse nasionale publikasie word dit elke Vrydag in druk en digitale formaat gepubliseer, die uitgewer, bereik elke week sowat 4 miljoen lesers in druk en aanlyn regoor Suid-Afrika.

Die koerant is die eerste nuwe nasionale Afrikaanse drukpublikasie sedert die sluiting van titels soos Beeld, Volksblad en Rapport in 2024, en vul ’n beduidende leemte in die Afrikaanse medialandskap.

Eksterne skakels Tuisblad van die Papier

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse koerante Kategorie:Suid-Afrikaanse koerante