Die Bernabéu-stadion (Spaans: El Bernabéu, [βeɾnaˈβew], ) is ’n sokkerstadion met ’n intrekbare dak in Madrid, Spanje. Met ’n ­kapasiteit van 83 186 ná die groot renovasie wat in laat 2024 voltooi is, het die stadion die tweede grootste kapasiteit van al die sokkerstadions in Spanje; slegs Camp Nou in Barcelona is groter. Dit is sedert sy voltooiing in 1947 die tuisstadion van Real Madrid. Die stadion, wat vroeër as die Santiago Bernabéu-stadion bekend gestaan het, staan nou amptelik slegs as “Bernabéu” bekend.

Die stadion is genoem na die voormalige sokkerspeler en legendariese Real Madrid-president Santiago Bernabéu (1895–1978). Dit het reeds vier eindstryde van die Europabeker/UEFA Champions League aangebied: in 1957, 1969, 1980 en 2010. Die Bernabéu-stadion was ook die gasheer vir die tweede been van die Copa Libertadores-eindstryd in 2018, wat dit die enigste stadion maak wat reeds eindstryde van albei kompetisies aangebied het.

Die eindstryde van die Europese Kampioenskap 1964 tussen Spanje en die Sowjetunie (2–1) en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982 tussen Italië en Wes-Duitsland (3–1) is ook hier beslis, wat die Bernabéu die eerste stadion in Europa maak om beide ’n Europa-beker-eindstryd en ’n FIFA Sokker-Wêreldbeker-eindstryd aan te bied. Die Bernabéu-stadion sal ook wedstryde tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2030 aanbied, maar dit is steeds onseker of die eindstryd daar beslis sal word.

Op musiekgebied val Julio Iglesias se konsert van 1983 besonders op, toe 100 000 toeskouers dié optrede bygewoon het. Frank Sinatra, U2, Bruce Springsteen, die Rolling Stones en Taylor Swift het ook op die stadion opgetree op afsonderlike geleenthede.

Fotogalery

Wedstryde Europese Sokkerkampioenskap 1964 DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 17 Junie 1964 2–1 (e.t.) Halfeindrondte 34 713 21 Junie 1964 2–1 Eindstryd 79 115

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982

DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 29 Junie 1982 0–0 Tweede rondte 75 000 2 Julie 1982 2–1 Tweede rondte 90 089 5 Julie 1982 0–0 Tweede rondte 75 000 11 Julie 1982 3–1 Eindstryd 90 000

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:FIFA Wêreldbekerstadions Kategorie:Madrid Kategorie:Sokkerstadions in Spanje