Die Stadio Giuseppe Meazza, meer algemeen bekend onder die naam San Siro, is ’n sokkerstadion in Milaan, Italië. Dit staan ook bekend onder die bynaam La Scala del calcio en het ’n kapasiteit van 75 817 wat dit die grootste stadion in Italië en een van die grootstes in Europa maak. Dit dien as tuisveld vir Milaan se twee voorste professionele sokkerklubs, AC Milan en Inter Milan, wat daar om die Derby della Madonnina meeding.
Op 3 Maart 1980 is die stadion herdoop ter ere van Giuseppe Meazza, die tweemalige FIFA Sokker-Wêreldbekerwenner (in 1934 en 1938) wat in die 1920’s, 1930’s en 1940’s vir Inter (en kor vir Milan) gespeel en later twee termyne as Inter-afrigter gedien het.
San Siro is ’n UEFA-kategorie 4-stadion. Dit het drie wedstryde tydens die 1934 FIFA Sokker-Wêreldbeker, die openingseremonie en ses wedstryde tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990, drie wedstryde tydens die Euro 1980 en vier eindstryde tydens Europese Bekertoernooie aangebied (in 1965, 1970, 2001 en 2016). Die stadion het ook die openingseremonie van die Olimpiese Winterspele 2026 in Milaan en Cortina d’Ampezzo gehuisves.
In Oktober 2025 is ’n nuwe ontwerp vir die beplande vervangende stadion onthul. Anders as San Siro sal die nuwe stadion ovaal wees en sonder die ikoniese rooi balke. Die dak sal vas en deurskynend wees om sonlig en klimaatbeheer moontlik te maak. AC Milan en Inter Milan sal San Siro bly gebruik totdat die nuwe stadion voltooi is, waarna die grootste deel van San Siro in 2031 of 2032 gesloop sal word. ’n Gedeelte sal behoue bly vir ’n kommersiële en vermaaklike ontwikkeling, moontlik insluitend ’n museum.
Fotogalery
Wedstryde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934
DatumSpan 1TellingSpan 2Rondte 27 Mei 1934 3–2 Agtste eindrondte 31 Mei 1934 2–1 Kwarteindrondte 3 Junie 1934 1–0 Halfeindrondte
Europese Sokkerkampioenskap 1980 DatumSpan 1TellingSpan 2Rondte 12 Junie 1980 0–0 Groep B 15 Junie 1980 2–1 Groep B 17 Junie 1980 1–1 Groep A
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990
DatumSpan 1TellingSpan 2Rondte 8 Junie 1990 0–1 Groep B (openingswedstryd) 10 Junie 1990 4–1 Groep D 15 Junie 1990 5–1 Groep D 19 Junie 1990 1– 1 Groep D 24 Junie 1990 2–1 Agtste eindrondte 1 Julie 1990 0–1 Kwarteindrondte
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf FIFA.com – Inligting oor die stadion
Kategorie:FIFA Wêreldbekerstadions Kategorie:Milaan Kategorie:Olimpiese stadions Kategorie:Sokkerstadions in Italië