Die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 (Engels: 2025 Women's Cricket World Cup; Hindi: 2025 महिला क्रिकेट विश्व कप; Singalees: 2025 කාන්තා ක්රිකට් ලෝක කුසලානය; Tamil: 2025 மகளிர் துடுப்பாட்ட உலகக்கிண்ணம்) is van 30 September tot 2 November 2025 in Indië en Sri Lanka beslis. Dit was die 13de vrouekrieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) en die vyfde wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Daarbenewens was dit ná die 1978-, 1997- en 2013-toernooie die vierde in Indië, terwyl Sri Lanka vir die eerste keer vrouekrieketwêreldbekerwedstryde aangebied het.
duimnael|links|upright|Die Vrouekrieketwêreldbekertrofee waarom meegeding is Die toernooi se formaat van 2017 en 2022 het onveranderd gebly en agt nasionale vrouekrieketspanne het aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 deelgeneem: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika. Dit was die laaste vrouekrieketwêreldbekertoernooi waaraan agt nasionale spanne deelgeneem het, nadat die aantal nasionale spanne vir die Vrouekrieketwêreldbeker 2029 na tien verhoog is.
Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 is 31 wedstryde gespeel, waaronder 28 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in een groep geplaas, waarin elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het, dus het elke span sewe groepwedstryde gespeel. Die vier beste spanne het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.
Australië, Engeland, Indië en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Indië het die verdedigende kampioen Australië geklop en Suid-Afrika vir Engeland, waardeur twee spanne mekaar in die vrouekrieketwêreldbekereindstryd ontmoet het wat nog nie ’n titel ingepalm het nie. Die Suid-Afrikaanse Proteas het vir die eerste keer die eindstryd van ’n krieketwêreldbekertoernooi – beide mans en vroue – gehaal, waarmee elke vasteland deur minstens een nasionale span in ’n eindstryd verteenwoordig is. Daarbenewens het vir die eerste keer in die toernooigeskiedenis beide Australië en Engeland versuim om na die eindstryd deur te dring. In die eindstryd op die DY Patil-stadion in Navi Mumbai het die medegasvroue Indië Suid-Afrika met 52 lopies geklop en sodoende sy eerste vrouekrieketwêreldbekertitel ingepalm. Daarbenewens was dit ná die mansspan se twee titels in 1983 en 2011 Indië se derde algehele krieketwêreldbekertitel.
Die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 was die mees gesiene Vrouekrieketwêreldbeker in dié tyd met 446 miljoen se digitale toeskouers in Indië, meer as die vorige drie toernooie saam. Die eindstryd tussen Indië en Suid-Afrika was die mees gesiene vrouekrieketwedstryd in dié tyd en het 185 miljoen digitale kykers in Indië gelok.
Toewysing Die Internasionale Krieketraad het in Julie 2022 die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 aan Indië toegewys. Saam met die T20I-manswêreldbeker 2026 was dit een van twee vername internasionale kriekettoernooie wat binne ses maande in beide Indië en Sri Lanka beslis is. Presies twee jaar voorheen het Indië die Krieketwêreldbeker 2023 vir mans aangebied.
Teen die agtergrond van Indië en Pakistan se wedywering het lang onderhandelinge plaasgevind voor die Kampioenetrofee 2025. Op 19 Desember 2024, ná ’n ooreenkoms tussen die Raad vir Beheer van Krieket in Indië en die Pakistanse Krieketraad het die Internasionale Krieketraad ’n hersiening uitgereik oor die toernooie wat deur Indië en Pakistan aangebied sal word, waarvolgens albei nasionale spanne se wedstryde in mekaar se lande tussen 2024 en 2027 op neutrale plekke gehuisves sal word. Vervolgens het Pakistan sy wedstryde tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 in Sri Lanka gespeel.
Deelnemers Agt nasionale vrouekrieketspanne het aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 deelgeneem. Die kwalifisering het uit twee dele bestaan. Van Junie 2022 tot Januarie 2025 is die Vrouekampioenskap 2022–2025 tussen tien spanne beslis, waarvan die ses beste spanne vir die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 gekwalifiseer het. Die vier verslane spanne het saam met nog twee spanne wat deur hul plek op die EDI-ranglys bepaal is, tydens die Vrouekrieketwêreldbekerkwalifisering 2025 in Pakistan die oorblywende twee plekke beslis.
Wes-Indië, ’n semifinalis tydens die vorige 2022-toernooi en naaswenner in 2013, het vir die eerste keer sedert 2000 en wel vir die eerste keer sedert die vrouekrieketwêreldbekertoernooi deur die Internasionale Krieketraad aangebied word, versuim om te kwalifiseer. Interessant genoeg het Wes-Indië se mansspan met die onlangse Krieketwêreldbeker 2023 in Indië ook sy eerste toernooi misgeloop.
duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam twaalf spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueElfde2022Naaswenner (2005, 2017)Vrouekampioenskap13de2022Kampioen (1978, 1982, 1988, 1997, 2005, 2013, 2022)13de2022Kampioen (1973, 1993, 2009, 2017)13de2022Kampioen (2000)Sewende2017Vyfde plek (2013)Agtste2022Halfeindrondte (2000, 2017, 2022)Vrouekrieketwêreldbekerkwalifisering 2025Tweede2022Groepfase (2022)Sesde2022Sesde plek (2009)
Stadions Oorspronklik sou die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 in vyf verskeie Indiese stede aangebied word, nadat die Raad vir Beheer van Krieket in Indië stede prioritiseer het wat waarskynlik gunstige weerstoestande geniet en doeltreffend is in terme van vervoer en logistiek.
Ná Pakistan se kwalifisering is daar ooreengekom dat hulle wedstryde buite Indië op neutrale plekke aangebied sal word en in Junie 2025 het die Internasionale Krieketraad die finale plekke in Indië en Sri Lanka bekend gemaak. Aanvanklik is die stede Bangalore, Guwahati, Indore en Visakhapatnam in Indië, asook Colombo in Sri Lanka as plekke aangekondig, maar die volgende maand het die Internasionale Krieketraad Bangalore met die DY Patil-stadion in Navi Mumbai vervang.
Navi Mumbai Guwahati Visakhapatnam DY Patil-stadion Assam-krieketverenigingstadion ACA-VDCA-krieketstadion Kapasiteit: 45 300 Kapasiteit: 46 000 Kapasiteit: 27 500 200px 200px 200px Indore Colombo Holkar-stadion R. Premadasa-stadion Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 35 000 200px 200px
Formaat Die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 is oor 34 dae tussen agt verskillende spanne oor 31 wedstryde beslis. Dit het op 30 September 2025 op die Assam-krieketverenigingstadion in Guwahati met die openingswedstryd tussen die medegasvroue Indië en Sri Lanka begin. Die toernooi het geëindig op 2 November op die DY Patil-stadion in Navi Mumbai met die eindstryd tussen Indië en Suid-Afrika, waartydens die medegasvroue Indië die Vrouekrieketwêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in 2017 en 2022 gebruik.
Kalender Die volgende tabel dui die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseSeptember/OktoberDi30Wo1Do2Vr3Sa4So5Ma6Di7Wo8Do9Vr10Sa11So12Ma13Di14Wo15Do16Vr17Sa18So19Ma20Di21Wo22Do23Vr24Sa25So26Seremonies | bgcolor=#d6325b|
|Groepfase | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseOktober/NovemberMa27Di28Wo29Do30Vr31Sa1So2Seremonies
| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase
| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1
| bgcolor=#ffcc00| 1
Verklaring
Groepfase Die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 is deur agt nasionale vrouekrieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in een enkele groep geplaas; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span sewe wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een punt vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo gerangskik. Die vier beste spanne het na die halfeindrondte deurgedring.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die groep het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span het teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde gespeel.
Betrokkenes Skeidsregters en wedstrydbeamptes ’n Paneel van 14 skeidsregters en vier wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.
Skeidsregters Lauren Agenbag (Suid-Afrika) Candace la Borde (Wes-Indië) Kim Cotton (Nieu-Seeland) Sarah Dambanevana (Zimbabwe) Shathira Jakir (Bangladesj) Narayanan Janani (Indië) Kerrin Klaaste (Suid-Afrika) Nimali Perera (Sri Lanka) Claire Polosak (Australië) Vrinda Rathi (Indië) Sue Redfern (Engeland) Eloise Sheridan (Australië) Gayathri Venugopalan (Indië) Jacqueline Williams (Wes-Indië)
Wedstrydbeamptes Trudy Anderson (Nieu-Seeland) Shandre Fritz (Suid-Afrika) G. S. Lakshmi (Indië) Michell Pereira (Sri Lanka)
Spanne Elke land het 15 spelers vir die toernooi gekies.
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die vier beste spanne het na die uitklopfase deurgedring. Span7601+2.102137511+1.233117520–0.379107331+0.62877133–1.03557142–0.87647151–0.57837043–2.6513
Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd in Navi Mumbai ontmoet het. Albei halfeindstryde en die eindstryd het ’n reserwedag gehad.
Halfeindrondte
Eindstryd
Vrouekrieketwêreldkampioen 2025
Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale vrouekrieketspanne in die Vrouekrieketwêreldbeker 2025.
duimnael|400px|Uitslag van die Vrouekrieketwêreldbeker 2025: duimnael|Die Indiese nasionale vrouekrieketspan word ná hul oorwinning tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 deur die eerste minister Narendra Modi ontvang RangSpanGroep Finaliste 1 – 9 5 1 3 2417 2215 +202 — 11 2 – 9 6 0 2 1889 1565 +324 — 12 In die halfeindrondte uitgeskakel 3 – 8 6 1 1 1764 1561 +203 — 13 4 – 8 5 1 2 1539 1464 +75 — 12 In die groepfase uitgeskakel 5 – 7 1 3 3 940 842 +98 –1.035 5 6 – 7 1 2 4 1134 1549 –415 –0.876 4 7 – 7 1 1 5 1180 1234 –54 –0.578 3 8 – 7 0 3 4 629 1044 –415 –2.651 3
Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies aangeteken: Naam Lopies 1 Laura Wolvaardt 571 2 Smriti Mandhana 434 3 Ashleigh Gardner 328 4 Pratika Rawal 308 5 Phoebe Litchfield 304 Meeste paaltjies geneem: Naam Paaltjies 1 Deepti Sharma 22 2 Annabel Sutherland 17 3 Sophie Ecclestone 16 4 Shree Charani 14 5 Alana King 13 Nonkululeko Mlaba
Sien ook
Vrouerugbywêreldbeker 2025
Verwysings
Eksterne skakels
2025 Women’s Cricket World Cup Amptelike webtuiste van die Internasionale Krieketraad
Kategorie:Geskiedenis van Indië Kategorie:Geskiedenis van Sri Lanka Kategorie:Krieketkompetisies in Indië Kategorie:Krieketkompetisies in Sri Lanka 2025 Kategorie:Sport in 2025