Die Vrouekrieketwêreldbeker 2005 is van 22 Maart tot 10 April 2005 in Suid-Afrika beslis. Dit was die agtste vrouekrieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die destydse Internasionale Vrouekrieketraad (IVKR) aangebied is en die eerste in Suid-Afrika. Dit was die laaste toernooi wat deur die IVKR gereël is, aangesien dié beheerliggaam in dieselfde jaar met die Internasionale Krieketraad (IKR) saamgesmelt het.

Die toernooi se formaat van 2000 het onveranderd gebly en agt nasionale vrouekrieketspanne het aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2005 deelgeneem: Australië, Engeland, Ierland, Indië, Nieu-Seeland, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2005 is 31 wedstryde gespeel, waaronder 28 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in een groep geplaas, waarin elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het, dus het elke span sewe groepwedstryde gespeel. Die vier beste spanne het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.

Australië, Engeland, Indië en Nieu-Seeland het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Engeland geklop en Indië vir die verdedigende kampioen Nieu-Seeland, waardeur vir die eerste keer Australië en Indië mekaar in die eindstryd ontmoet het. Australië het Indië in die eindstryd op SuperSport-park in Centurion met 98 lopies verslaan en sodoende sy vyfde vrouekrieketwêreldbekertitel ingepalm. Die gasvroue Suid-Afrika is reeds in die groepfase uitgeskakel. Twee jaar vroeër het Suid-Afrika saam met Kenia en Zimbabwe die Krieketwêreldbeker 2003 aangebied; albei toernooie was die eerstes in Afrika. Interessant genoeg het in albei toernooie se eindstryde Australië en Indië mekaar ontmoet met Australië wat telkens maklike oorwinnings aangeteken het.

Deelnemers Daar is agt spanne uitgenooi om aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2005 deel te neem: Australië, Engeland, Ierland, Indië, Nieu-Seeland, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië.

duimnael|400px|Spanne wat aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2005 deelgeneem het. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueDerde2000Halfeindrondte (2000)UitgenooiAgtste2000Kampioen (1978, 1982, 1988, 1997)Agtste2000Kampioen (1973, 1993)Sesde2000Halfeindrondte (1997, 2000)Vyfde2000Vierde plek (1988)Agtste2000Kampioen (2000)Derde2000Kwarteindrondte (1997)Derde1997Groepfase (1993, 1997)

Stadions Tydens die toernooi is nege Suid-Afrikaanse stadions gebruik, waarvan vyf in Pretoria. Altesaam 31 wedstryde is tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2005 gespeel, waaronder die eindstryd.

Pretoria Technikon-ovaal Laudium-ovaal Tuks-krieketovaal Harlequins Eesterust Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: 2 000 Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend Centurion Rustenburg Benoni Potchefstroom SuperSport-park Olympia-park Willowmoore-park JB Marks-ovaal Kapasiteit: 22 000 Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 20 000 Kapasiteit: 18 000 200px

Formaat Die Vrouekrieketwêreldbeker 2005 is oor 20 dae tussen agt verskillende spanne oor 31 wedstryde beslis. Dit het op 22 Maart 2005 met vier gelyktydige wedstryde begin. Die toernooi het geëindig op 10 April op die SuperSport-park in Centurion met die eindstryd tussen Australië en Indië, waartydens Australië die Vrouekrieketwêreldbekertrofee gewen het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 gebruik.

Kalender Die volgende tabel dui die Vrouekrieketwêreldbeker 2005 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseMaart/AprilDi22Wo23Do24Vr25Sa26So27Ma28Di29Wo30Do31Vr1Sa2So3Groepfase | bgcolor=#c364f3| 4 | | bgcolor=#c364f3| 4 | | bgcolor=#c364f3| 4 | | bgcolor=#c364f3| 4 | | bgcolor=#c364f3| 4 | | bgcolor=#c364f3| 4 | | bgcolor=#c364f3| 4UitklopfaseAprilMa4Di5Wo6Do7Vr8Sa9So10Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Groepfase Die Vrouekrieketwêreldbeker 2005 is deur agt nasionale vrouekrieketspanne beslis. Daar is geen kwalifisering gehou om die deelnemende spanne te bepaal nie, die deelnemende spanne is egter deur die Internasionale Vrouekrieketraad genooi. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in een enkele groep geplaas; elke span het een wedstryde teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span sewe wedstryde in die groepfase gespeel. Vyf punte is vir ’n oorwinning toegeken, drie punte vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en een punt vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens bonuspunte gerangskik. Die vier beste spanne het na die halfeindrondte deurgedring.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die groep het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span het teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde gespeel.

2005-effek op 2009-kwalifisering Die ses beste spanne van die 2005-toernooi het regstreeks vir die volgende Vrouekrieketwêreldbeker 2009 gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Sri Lanka en Wes-Indië.

Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase én regstreeks vir die Vrouekrieketwêreldbeker 2009.Uit die toernooi geskakel, maar kwalifiseer regstreeks vir die Vrouekrieketwêreldbeker 2009.Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 mis. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die vier beste spanne het na die uitklopfase deurgedring. Span7502435741243074123297322526723231971421127142011705206

Uitklopfase

Halfeindrondte

Eindstryd

Vrouekrieketwêreldkampioen 2005

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale vrouekrieketspanne in die Vrouekrieketwêreldbeker 2005.

duimnael|400px|Uitslag van die Vrouekrieketwêreldbeker 2005: RangSpanGroep Finaliste 1 – 9 7 2 0 1160 1019 +141 — 45 2 – 9 5 2 2 922 1098 –176 — 35 In die halfeindrondte uitgeskakel 3 – 8 4 2 2 1002 892 +110 — 29 4 – 8 3 2 3 1330 817 +513 — 26 In die groepfase uitgeskakel 5 – 7 2 2 3 791 1027 –236 3 19 6 – 7 1 2 4 611 687 –76 1 12 7 – 7 1 2 4 912 843 +69 0 11 8 – 7 0 2 5 474 819 –345 0 6

Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies aangeteken: Naam Lopies 1 Charlotte Edwards 280 2 Claire Taylor 265 3 Karen Rolton 246 4 Cri-Zelda Brits 206 5 Mithali Raj 199 Meeste paaltjies geneem: Naam Paaltjies 1 Neetu David 20 2 Amita Sharma 14 3 Jhulan Goswami 13 4 Shelley Nitschke 11 Louise Milliken Nooshin Al Khadeer

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

2005 Women’s Cricket World Cup Amptelike webtuiste van die Internasionale Krieketraad

Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika Kategorie:Krieketkompetisies in Suid-Afrika 2005 Kategorie:Sport in 2005