Die 2025-Rugbykampioenskapsreeks was die 13de jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks.

Tydens die toernooi het elke span hul wedstryde tuis en weg gespeel. Elke land het drie wedstryde aangebied, maar nie eweredig oor hul mededingende nasies nie. Argentinië was twee keer gasheer vir Nieu-Seeland en Suid-Afrika een keer; Suid-Afrika het Australië twee keer gehuisves en Argentinië een keer; Nieu-Seeland was twee keer gasheer vir Suid-Afrika en Australië een keer; en Suid-Afrika was twee keer gasheer vir Australië en Argentinië een keer.

Die toernooi het op 16 Augustus afgeskop met Suid-Afrika teen Australië en Argentinië as gasheer vir Nieu-Seeland, en sewe weke later afgesluit (ses rondes en twee loslootjies) op 4 Oktober met Australië teen Nieu-Seeland en Argentinië teen Suid-Afrika. Suid-Afrika het die toernooi vir die sesde keer gewen. Buitendien het hulle die Mandela Uitdaagplaat en die Vryheidsbeker behou, terwyl Nieu-Seeland die Bledisloebeker verdedig en Argentinië met die Poematrofee weggestap het.

Die Suid-Afrikaanse Springbokke het die kompetisie as die verdedigende kampioene betree en die toernooi op 16 Augustus in Johannesburg teen die Wallabies afgeskop. ’n Noemenswaardige wedstryd was dié tussen Argentinië en Suid-Afrika tydens die laaste rondte op Twickenham in Londen, presies een week ná die Vrouerugbywêreldbeker 2025-eindstryd. Dit was die tweede wedstryd ná dié tussen Argentinië en Australië tydens die 2016-Rugbykampioenskapreeks op Twickenham.

Dit was die laaste toernooi voor die afskop van die Nasieskampioenskap waarna die Rugbykampioenskapsreeks op ’n tweejaarlikse basis beslis word.

Formaat Die formaat vir die 2025-toernooi was soortgelyk aan dié van vorige jare. Elke span het ’n totaal van ses wedstryde elk gespeel en twaalf in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste drie drieë meer as die teenstander in ’n wedstryd te druk of deur met sewe punte of minder te verloor. Die kompetisie se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.

Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 6 4 0 2 208 151 +57 3 192 6 4 0 2 159 151 +8 3 193 6 2 0 4 152 165 –13 3 114 6 2 0 4 162 214 –52 2 10

Wedstryddatums DatumDatumWeek 116 AugustusWeek 413 SeptemberWeek 223 AugustusWeek 527 SeptemberWeek 36 SeptemberWeek 64 Oktober

Week 1

Week 2

Week 3

Week 4

Week 5

Week 6

Rugbykampioenskapreekskampioen 2025

Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Santiago Carreras 72 2 Sacha Feinberg-Mngomezulu 50 3 Damian McKenzie 33 4 James O’Connor 32 5 Manie Libbok 25 Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Malcolm Marx 4 Joseph Suaʻaliʻi 3 Leroy Carter 3 Bautista Delguy Sacha Feinberg-Mngomezulu Cheslin Kolbe Cobus Reinach Samisoni Taukeiʻaho Quinn Tupaea

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf

Kategorie:Die Rugbykampioenskap Kategorie:Sport in 2025