thumb|220px|Die stigter van die orde, sint Dominicus (portret deur El Greco, omstreeks 1600).
Die Orde van Predikers (Latyn: Ordo Prædicatorum, afgekort as OP), algemeen bekend as die Dominikaanse Orde, is 'n Katolieke orde van pouslike reg wat deur die Kastiliaanse priester Dominicus de Guzmán gestig is en 'n eed van armoede afgelê het.
thumb|150px|links|Wapen van die orde. Dit is op 22 Desember 1216 deur pous Honorius III goedgekeur deur die pouslike bul Religiosam vitam.
Lede van die orde, wat as Dominikane bekend is, plaas gewoonlik "OP" (vir Ordinis Prædicatorum) agter hulle naam. Dit beteken "van die Orde van Predikers". Lede van die orde sluit in monnike, nonne, gelowige susters en leke-Dominikane.
Die orde is aanvanklik gestig om die evangelie te onderrig en kettery teen te staan. Die onderrigbedrywighede het dit op die voorpunt van die Middeleeue se intellektuele lewe geplaas. Die orde is bekend vir sy intellektuele tradisie en dat dit baie vooraanstaande teoloë en filosowe geslyp het.*
In 2018 was daar 5 747 Dominikaanse monnike, insluitend 4 299 priesters.Ordo Fratrum Praedicatorum, Order of Friars Preachers, besoek op 13 Augustus 2025. Teen 2022 was die hoof van die orde Gerard Timoner III. Maria, Maria Magdalena, Augustinus van Hippo en Franciskus van Assisi is van die beskermvroue en van die orde.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Rooms-Katolieke ordes