Amphithalea virgata is 'n klein tot groot struik wat deel van die Fabaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap, vanaf Hermanus tot by De Hoop voor. Die plant is deel van die fynbos en het 'n voorkomsgebied van 3 246 km². Daar was aanvanklik tien bevolkings bekend maar vier het verlore gegaan aan gewasverbouing die afgelope 60 jaar. Die oorblywende bevolkings word bedreig deur verdere gewasverbouing en indringerplante.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World
virgata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika