Die Thaise nasionale vrouekrieketspan is die nasionale vrouekrieketspan wat Thailand in internasionale krieket verteenwoordig. Krieket word in Thailand deur die Krieketvereniging van Thailand (CAT, van Engels: Cricket Association of Thailand) beheer. Thailand is een van die sterkste assosiaatlede in vrouekrieket.
In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens word al die T20I-wedstryde wat Thailand ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel as ’n volle T20I erken. In Mei 2022 het die IKR aangekondig om aan Thailand en vier ander vrouespanne EDI-status te verleen. Nederland, Papoea-Nieu-Guinee, Skotland en die Verenigde State is die ander vier spanne. Thailand is tans (Februarie 2026) elfde op die IKR-vroue-eendagranglys en twaalfde op die Twintig20-vrouewêreldranglys.
Beheerliggaam
Die Krieketvereniging van Thailand (Engels: Cricket Association of Thailand, CAT; Thai: สมาคมกีฬาคริกเก็ตแห่งประเทศไทย) is in 2005 as opvolger van die Thailand Krieketliga (Thailand Cricket League, TCL) gestig en verantwoordelik vir die reël van krieket in Thailand. In dieselfde jaar het hulle as ’n assosiaatlid by die Internasionale Krieketraad (IKR) aangesluit. Die CAT is ook ’n lid van die Asiatiese krieketkonferensie (Asian Cricket Conference, ACC; nou Asiatiese Krieketraad).
Die Krieketvereniging van Thailand bestuur al die Thailand-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reël van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is die CAT verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Thaise span.
Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met formele afrigting. Net soos ander krieketlande beskik Thailand oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-vrouekrieketwêreldbeker deelneem.
Geskiedenis Oorsprong Thailand het tydens die AKR Vrouetoernooi 2007 in sy eerste internasionale wedstryd teen Nepal gespeel, toe hulle op 40 lopies almal uitgeboul is en die wedstryd verloor het. Daarna is die span ook deur Hongkong en Maleisië geklop. Twee jaar later het hulle aan die AKR T20I-vrouekampioenskap 2009 deelgeneem en ná ’n sterk vertoning in die groepfase die eindstryd gehaal, maar teen Hongkong vasgeval. Tydens die AKR Vrouekampioenskap 2011 in Koeweit het die span as naaswenner van sy groep tot die halfeindstryd gevorder, waar hulle egter deur die Volksrepubliek China geklop is. Thailand het sy eerste verskyning tydens die Asiatiese Vrouebeker in 2012 gemaak. Die span het Hongkong geklop, maar hulle het teen beide Indië en Pakistan verloor en is toe uitgeskakel.
Eerste suksesse en terugslae Tydens die AKR Vrouekampioenskap 2013 het Thailand vanuit die groepfase gevorder. Terwyl die span sy groepwedstryd teen die Volksrepubliek China verloor het, het hulle in die eindstryd dieselfde teenstander geklop en die toernooi beklink. Daarmee het hulle vir die eerste keer ’n wêreldbekerkwalifisering gehaal. Hulle het daarin geslaag om Nederland te verslaan, maar al sy ander groepwedstryde verloor. Twee jaar later het hulle as gasvroue van die T20I-vrouewêreldbeker 2016-kwalifisering opgetree, maar is in al hul groepwedstryde verslaan. Tydens die Asiatiese T20I-vrouebeker 2016 het Thailand in die groepfase slegs Nepal geklop en vervolgens in die voorlaaste plek geëindig.
Tydens ’n plaaslike kwalifiseringstoernooi het Thailand die Vrouekrieketwêreldbeker 2017-kwalifisering gehaal. Die span het egter geen oorwinning aangeteken nie. Dieselfde het gebeur tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2019, waar Thailand ook sonder ’n oorwinning uitgeskakel is.
Vestiging op internasionale vlak duimnael|links|Thailand teen Wes-Indië tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2020 Thailand het sy grootste sukses behaal tydens die T20I-vrouebeker 2020-kwalifisering. Hulle het vanuit die groepfase gevorder en die beslissende halfeindstryd teen Papoea-Nieu-Guinee gewen, waarmee die span vir die hooftoernooi in Australië gekwalifiseer het. Tydens dié toernooi is die span deur Engeland, Wes-Indië en Suid-Afrika geklop, terwyl die wedstryd teen Pakistan uitgereën het.
Spelers Spelerstatistieke Daar het altesaam 16 spelers EDI- en 25 spelers T20I-krieket vir Thailand gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Thaise span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.
Lopies EDIT20I Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies Natthakan Chantham 2022–hede 14 630 Nannapat Koncharoenkai 2018–hede 114 2 486 Naruemol Chaiwai 2022–hede 14 316 Nannapat Koncharoenkai 2018–hede 128 2 356 Nannapat Koncharoenkai 2022–hede 11 182 Naruemol Chaiwai 2018–hede 125 1 889 Nattaya Boochatham 2022–hede 13 165 Chanida Sutthiruang 2018–hede 129 1 149 Chanida Sutthiruang 2022–hede 14 155 Nattaya Boochatham 2018–hede 116 1 035 Korrek teen: 2 Februarie 2026 Korrek teen: 2 Februarie 2026
Paaltjies EDIT20I Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies Thipatcha Putthawong 2022–hede 14 23 Thipatcha Putthawong 2019–hede 93 144 Onnicha Kamchomphu 2022–hede 13 18 Onnicha Kamchomphu 2018–hede 125 134 Suleeporn Laomi 2022–hede 12 16 Nattaya Boochatham 2018–hede 116 126 Phannita Maya 2022–hede 14 12 Suleeporn Laomi 2018–hede 104 113 Nattaya Boochatham 2022–hede 13 12 Chanida Sutthiruang 2018–hede 129 92 Korrek teen: 2 Februarie 2026 Korrek teen: 2 Februarie 2026
Spankapteins Tot op hede was een speler reeds die kaptein vir Thailand tydens ’n EDI-wedstryd en vier tydens ’n T20I.Die tydperk verwys na die ooreenstemmende krieketseisoen waarin die eerste of laaste wedstryd van die tyd as kaptein gespeel is.
EDI T20I No. Naam Tydperk Naam Tydperk 1 Naruemol Chaiwai 2022–hede Sornnarin Tippoch 2018–2020 2 Naruemol Chaiwai 2021–hede 3 Nannapat Koncharoenkai 2023 4 Thipatcha Putthawong 2024
Rekords EDI-rekord teen ander lande Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning teen volle lede 1 0 1 0 0 0,00 – 1 0 1 0 0 0,00 – 1 0 1 0 0 0,00 – 1 0 1 0 0 0,00 – teen assosiaatlede 6 5 1 0 0 83,33 20 November 2022 1 0 1 0 0 0,00 – 3 3 0 0 0 100,00 19 April 2023 Algeheel 14 8 6 0 0 57,14 20 November 2022 Rekords volledig tot en met EDI #1523 op 19 Desember 2025. Laas hersien op 2 Februarie 2026. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.
Vrouekrieketwêreldbekerrekord JaarUitslag1973 Nie deelgeneem nie1978 Nie deelgeneem nie1982 Nie deelgeneem nie1988 Nie deelgeneem nie1993 Nie deelgeneem nie1997 Nie deelgeneem nie2000 Nie deelgeneem nie2005 Nie deelgeneem nie2009 Nie deelgeneem nie2013 Nie deelgeneem nie2017 Nie gekwalifiseer nie2022 Nie gekwalifiseer nie2025 Nie gekwalifiseer nie2029
T20I-rekord teen ander lande Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning teen volle lede 8 0 8 0 0 0,00 – 1 0 1 0 0 0,00 – 6 3 3 0 0 50,00 9 Augustus 2019 3 0 3 0 0 0,00 – 3 1 1 0 1 33,33 6 Oktober 2022 5 1 4 0 0 20,00 9 Junie 2018 1 0 1 0 0 0,00 – 1 0 1 0 0 0,00 – teen assosiaatlede 2 2 0 0 0 100,00 16 Januarie 2019 1 1 0 0 0 100,00 1 Mei 2023 6 6 0 0 0 100,00 14 Januarie 2019 3 3 0 0 0 100,00 15 January 2019 5 4 0 0 1 80,00 24 Februarie 2019 6 6 0 0 0 100,00 6 Junie 2018 5 5 0 0 0 100,00 12 Januarie 2019 5 5 0 0 0 100,00 1 September 2019 14 10 4 0 0 71,43 10 Augustus 2019 8 8 0 0 0 100,00 19 Januarie 2019 4 3 1 0 0 75,00 5 September 2019 9 3 6 0 0 33,33 8 Augustus 2019 2 2 0 0 0 100,00 13 Februarie 2024 1 1 0 0 0 100,00 25 November 2025 4 3 1 0 0 75,00 14 Julie 2018 11 8 3 0 0 72,73 12 Julie 2018 3 2 1 0 0 66,67 12 September 2022 3 3 0 0 0 100,00 18 Februarie 2019 10 5 5 0 0 50,00 28 Augustus 2021 Algeheel 130 85 43 0 2 65,38 6 Junie 2018 Rekords volledig tot en met T20I #2660 op 1 Februarie 2026. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).
T20I-vrouewêreldbekerrekord JaarUitslag2009 Nie deelgeneem nie2010 Nie deelgeneem nie2012 Nie deelgeneem nie2014 Nie gekwalifiseer nie2016 Nie gekwalifiseer nie2018 Nie gekwalifiseer nie2020 Groepfase2023 Nie gekwalifiseer nie2024 Nie gekwalifiseer nie2026 Nie gekwalifiseer nie2028
Asiatiese Vrouebekerrekord JaarUitslag2004 Nie deelgeneem nie2005/06 Nie deelgeneem nie2006 Nie deelgeneem nie2008 Nie deelgeneem nie2012 Groepfase2016 Groepfase2018 Groepfase2022 Halfeindrondte2024 Groepfase
Asiatiese Spelerekord JaarUitslag2010 Eerste rondte2014 Kwarteindrondte2022 Kwarteindrondte
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van die Krieketvereniging van Thailand Thailand-vroue op ESPNcricinfo Thailand by die IKR
Kategorie:Krieket in Thailand Kategorie:Nasionale vrouekrieketspanne