Die Skotse nasionale vrouekrieketspan (Engels: Scotland women’s national cricket team, afgekort Scotland Women of Scotland W) is die nasionale vrouekrieketspan wat Skotland in internasionale krieket verteenwoordig. Krieket word in Skotland deur Krieket Skotland (CS, van Engels: Cricket Scotland) beheer. Saam met Nederland is Skotland tradisioneel een van die sterker Europese nasionale vrouekrieketspanne ná die volle lede Engeland en Ierland.
In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens word al die T20I-wedstryde wat Skotland ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel as ’n volle T20I erken. In Mei 2022 het die IKR aangekondig om aan Skotland en vier ander vrouespanne EDI-status te verleen. Nederland, Papoea-Nieu-Guinee, Thailand en die Verenigde State is die ander vier spanne. Skotland is tans (Junie 2026) elfde op die IKR-vroue-eendagranglys en elfde op die Twintig20-vrouewêreldranglys.
Beheerliggaam
Krieket Skotland (Engels: Cricket Scotland, CS) is in 1908 as die Skotse Krieketunie (Scottish Cricket Union, SCU) gestig en verantwoordelik vir die reël van krieket in Skotland. In 1994 het hulle as ’n assosiaatlid by die Internasionale Krieketraad (IKR) aangesluit.
Krieket Skotland bestuur al die Skotland-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reël van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is CS verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Skotse span.
Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Net soos ander krieketlande beskik Skotland oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-T20I-vrouekrieketwêreldbeker deelneem.
Geskiedenis In Augustus 1932 het Skotland in die eerste, deesdae nie as sulks erkende, internasionale vrouekrieketwedstryd teen Engeland gespeel. Die span is daarna nie meer saamgestel nie en enkele spelers het vir die Engelse span verskyn, terwyl die Skotse span daarna die status van ’n Engelse graafskapspan gehad het. In 1977 was daar ’n poging om die Skotse span met die stigting van die Skotse Vrouekrieketvereniging (Scottish Women’s Cricket Association) te laat herleef, maar hulle het die uitnodiging deur die Internasionale Vrouekrieketraad vir toetrede van die hand gewerp. Afgesien van ’n wedstryd teen ’n Engelse jeugspan in 1979 het dit tot Krieket Skotland (Engels: Cricket Scotland, CS) se selfstandigheid geduur totdat die span weer aan die internasionale speelprogram deelgeneem het. Hul eerste deelname en daarmee hul eerste EDI was tydens die Europese Vrouekrieketkampioenskap 2001, waar hulle sonder ’n oorwinning die laaste plek beklee het. Tydens die Internasionale Vrouekrieketraad-trofee 2003, ’n toernooi wat as vrouekrieketwêreldbekerkwalifisering vir spanne van die tweede vlak gedien het, het die Skotte voor Japan die voorlaaste plek beklee. Tydens die Europese Vrouekrieketkampioenskap 2005 het hulle in die laaste plek geëindig en ook tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2009-kwalifisering was die Skotte sonder ’n oorwinning. Daarna het hulle oorwegend aan die Engelse Vrouegraafskapkampioenskap deelgeneem.
Skotland het tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2018-kwalifisering in sy eerste T20I-wedstryd gespeel. Dié toernooi het hulle ná Bangladesj en Ierland in die derde plek afgesluit en daarmee die hooftoernooi misgeloop. Vervolgens het hulle meer internasionale wedstryde gespeel. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2020-kwalifisering is die gasvroue in die groepfase uitgeskakel en ook tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2023-kwalifisering. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2024 het die Skotte in die halfeindstryd ’n verrassende oorwinning oor die Iere aangeteken en daarmee vir die hooftoernooi gekwalifiseer. Hulle is egter in die groepfase uitgeskakel. Tydens die T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2026 kon Skotland weer vir die T20I-vrouewêreldbeker 2026 kwalifiseer. Tydens die hooftoernooi in Engeland het Skotland in sy eerste wedstryd teen Ierland daarin geslaag om sy eerste T20I-vrouewêreldbekeroorwinning ooit aan te teken. Ná vier daaropvolgende nederlae in die oorblywende wedstryde is die Skotte egter uit die toernooi geskakel.
Embleem en himne Die dissel is die nasionale blom van Skotland en ook die embleem van die Skotse nasionale krieketspan. Volgens ’n legende het die “beskermende dissel” sy rol gespeel tydens die verdediging van Skotland teen ’n snagse aanval deur Noorse Wikings, een van hulle skree van pyn toe hy kaalvoet op ’n dissel trap, wat die Skotse verdedigers waarsku. Die Latynse Nemo me impune lacessit (“Niemand ontlok my ongestraf nie!” in Afrikaans) is ’n antieke leuse van die Skotse monarge, en ook van die voorste ridderorde van Skotland, die oudste en edelste orde van die dissel, en van die Skotswagte (van wie die twee laasgenoemde aan die monarg “behoort” het).
The Flower of Scotland dien as Skotland se nieamptelike volkslied. Die teks is in 1967 deur Roy Williamson van die musiekgroep The Corries geskryf en word sedert die 1990’s deur die nasionale span pleks van “God Save the King” gespeel.
Spelers Spelerstatistieke Daar het altesaam 37 spelers EDI- en 32 spelers T20I-krieket vir Skotland gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Skotse span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.
Lopies EDIT20I Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies Kathryn Bryce 2023–hede 10 594 Sarah Bryce 2018–hede 84 1 888 Sarah Bryce 2023–hede 10 298 Kathryn Bryce 2018–hede 65 1 650 Saskia Horley 2024–hede 5 276 Darcey Carter 2023–hede 47 1 080 Priyanaz Chatterji 2023–hede 14 236 Ailsa Lister 2021–hede 60 807 Katherine Fraser 2024–hede 11 229 Priyanaz Chatterji 2018–hede 83 645 Korrek teen: 30 Junie 2026 Korrek teen: 30 Junie 2026
Paaltjies EDIT20I Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies Abtaha Maqsood 2023–hede 13 24 Kathryn Bryce 2018–hede 65 73 Katherine Fraser 2024–hede 11 17 Abtaha Maqsood 2018–hede 78 73 Chloe Abel 2024–hede 9 12 Katherine Fraser 2019–hede 65 69 Kathryn Bryce 2023–hede 10 11 Priyanaz Chatterji 2018–hede 83 48 Hannah Rainey 2023–hede 6 10 Rachel Slater 2022–hede 42 40 Korrek teen: 30 Junie 2026 Korrek teen: 30 Junie 2026
Spankapteins Tot op hede was vier spelers reeds die kaptein vir Skotland tydens ’n EDI-wedstryd en drie tydens ’n T20I.Die tydperk verwys na die ooreenstemmende krieketseisoen waarin die eerste of laaste wedstryd van die tyd as kaptein gespeel is.
EDI T20I No. Naam Tydperk Naam Tydperk 1 Linda Spence 2001 Kathryn Bryce 2018–hede 2 Kari Anderson 2003 Sarah Bryce 2019–2024 3 Kathryn Bryce 2023–hede Abtaha Maqsood 2023–2024 4 Abtaha Maqsood 2024
Rekords EDI-rekord teen ander lande Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning t. Volle lede 1 0 1 0 0 0,00 – 1 0 1 0 0 0,00 – 6 1 5 0 0 16,67 17 Oktober 2023 2 0 2 0 0 0,00 – 2 1 1 0 0 50,00 9 April 2025 t. Assosiaatlede 1 1 0 0 0 100,00 25 Julie 2003 4 1 3 0 0 25,00 12 Augustus 2024 3 3 0 0 0 100,00 12 April 2024 1 1 0 0 0 100,00 13 April 2025 1 1 0 0 0 100,00 14 April 2024 Algeheel 22 9 13 0 0 40,91 25 Julie 2003 Rekords volledig tot en met EDI #1550 op 16 Mei 2026. Laaste keer hersien op 30 Junie 2026. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.
Vrouekrieketwêreldbekerrekord JaarUitslag1973 Nie deelgeneem nie1978 Nie deelgeneem nie1982 Nie deelgeneem nie1988 Nie deelgeneem nie1993 Nie deelgeneem nie1997 Nie deelgeneem nie2000 Nie deelgeneem nie2005 Nie gekwalifiseer nie2009 Nie gekwalifiseer nie2013 Nie gekwalifiseer nie2017 Nie gekwalifiseer nie2022 Nie gekwalifiseer nie2025 Nie gekwalifiseer nie2029
T20I-rekord teen ander lande Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning t. Volle lede 8 1 7 0 0 12,50 30 Mei 2026 2 0 2 0 0 0,00 – 16 7 9 0 0 43,75 10 Augustus 2019 2 0 2 0 0 0,00 – 4 0 4 0 0 0,00 – 1 0 1 0 0 0,00 – 2 0 2 0 0 0,00 – t. Assosiaatlede 3 3 0 0 0 100,00 26 Junie 2019 3 3 0 0 0 100,00 30 Augustus 2021 2 2 0 0 0 100,00 6 September 2023 1 1 0 0 0 100,00 22 Januarie 2022 1 1 0 0 0 100,00 19 Januarie 2022 3 3 0 0 0 100,00 5 September 2019 15 9 5 1 0 60,00 9 Augustus 2019 1 1 0 0 0 100,00 26 Januarie 2026 6 4 2 0 0 66,67 14 Julie 2018 1 1 0 0 0 100,00 21 November 2025 9 6 3 0 0 66,67 10 Julie 2018 3 3 0 0 0 100,00 7 Julie 2018 2 2 0 0 0 100,00 23 September 2022 4 4 0 0 0 100,00 31 Augustus 2019 1 1 0 0 0 100,00 22 Januarie 2026 Algeheel 89 52 36 1 0 58,43 7 Julie 2018 Rekords volledig tot en met T20I #2907 op 28 Junie 2026. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).
T20I-vrouewêreldbekerrekord JaarUitslag2009 Nie deelgeneem nie2010 Nie deelgeneem nie2012 Nie deelgeneem nie2014 Nie gekwalifiseer nie2016 Nie gekwalifiseer nie2018 Nie gekwalifiseer nie2020 Nie gekwalifiseer nie2023 Nie gekwalifiseer nie2024 Groepfase2026 Groepfase2028
Sien ook
Skotse nasionale krieketspan Skotse nasionale vrouerugbyspan
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf van Krieket Skotland Skotland-vroue op ESPNcricinfo Skotland by die IKR
Kategorie:Krieket in Skotland Kategorie:Nasionale vrouekrieketspanne