Johannes die Doper (Hebreeus: יוחנן המטביל, Joganan haMatbil; Antieke Grieks: Ἰωάννης ὁ βαπτιστής, Iōánnēs ho baptistḗs of Ἰωάννης ὁ βαπτίζων, Iōánnēs ho baptízōn; Siries: ܝܘܚܢܢ ܡܥܡܕܢܐ, Jochanan Mamdana; Latyn: Io(h)annes Baptista; Kopties: ⲓⲱⲁⲛⲛⲏⲥ ⲡⲓⲡⲣⲟⲇⲣⲟⲙⲟⲥ of ⲓⲱ̅ⲁ ⲡⲓⲣϥϯⲱⲙⲥ; Arabies: يوحنا المعمدان) was 'n leraar en belangrike godsdienstige figuur. Hy het die voorbeelde van die Hebreeuse profete voor hom gevolg: hy het 'n asketiese lewenstyl gevolg, sondige heersers aangeveg, en berou van sondes en God se regverdigheid verkondig. Herodes Antipas, die Heerser van Galilea en Perea, het hom as 'n bedreiging gesien en hom tereg laat stel.
Sommige akademici beweer dat Johannes deur Essene beïnvloed is, 'n deels asketiese groep wat die einde van die wêreld verwag het en rituele soortgelyk aan die doop gehad het. Harris, Stephen L. (1985) Understanding the Bible. Palo Alto: Mayfield; bl. 382 Johannes se doopsbediening was 'n reiningsplegtigheid vir berouvolle sondaars, wat in "lewende water" (in hierdie geval 'n rivier) uitgevoer is, ooreenkomstig met Joodse tradisie. Jesus, die sentrale figuur van Christendom, is ook deur Johannes gedoop. Sommige beweer dat Jesus oorspronklik een van Johannes se volgelinge was. Funk, et al. (1993), Robert W. Funk;Hoover, Roy W. Hoover; en die Jesus Seminar. The Five Gospels. San Francisco: Harper. "Stages in the Development of Early Christian Tradition", bl. 128 Sommige van Jesus se volgelinge was ook oorspronklik volgelinge van Johannes. Stephen L. Harris (1985) Understanding the Bible. Palo Alto: Mayfield. Johannes 1:36–40 Soos Jesus, het Johannes in 'n tyd van politieke, sosiale en godsdienstige onrus gepreek.
Beskrywings van Johannes in die Nuwe Testament is versoenbaar met dié deur die Joodse geskiedkundige Josefus, wie se aantekeninge as gesaghebbend beskou word. "John the Baptist, St." In: Cross, F. L. (red.) (2005) The Oxford Dictionary of the Christian Church. New York: Oxford University Press Hy kom egter nie slegs in die Christelike Evangelie voor nie, maar ook in die Islamitiese Koran. Johannes die Doper se historisiteit is ietwat omstrede, maar hy word deur die Joodse historikus Flavius Josephus genoem. Josephus. Jüdische Altertümer XVIII, 5.2: ed. Karl Ernst Richter, S. 141; ed. Benedikt Niese, S. 161, Lyn 20–21 (archive.org); Engels van William Whiston (gutenberg.org)
Verwysings en bronnelys
Verdere leesstof Michael Tilly: Johannes der Täufer und die Biographie der Propheten. Die synoptische Täuferüberlieferung und das jüdische Prophetenbild zur Zeit des Täufers. BWANT 137. Kohlhammer, Stuttgart o. a. 1994, .
Eksterne skakels
Kategorie:Bybelse mense in Islam Kategorie:Christene uit die Nuwe Testament Kategorie:Heiliges in die Christendom Kategorie:Jode uit die Nuwe Testament Kategorie:Profete van Islam Kategorie:Tereggestelde mense