Gary Richard Bailey (gebore 9 Augustus 1958) is ’n voormalige sokkerspeler wat byna 300 wedstryde as doelwagter vir Manchester United gespeel het. Alhoewel hy in Engeland gebore is, het Bailey in Suid-Afrika grootgeword en sy loopbaan begin by Wits Universiteit in Johannesburg. In die laat 1970’s het Bailey self sy vliegkoste na Manchester betaal om vir ’n proeflopie by Manchester United deel te neem. Hy het sy debuut gemaak teen Ipswich Town (waar sy pa, Roy Bailey, gespeel het — en ook sy eie geboorteplek), op 18 November 1978. Hy het 294 wedstryde vir die Red Devils gespeel tussen 1978 en 1987.

Hy het homself gevestig as United se eerste keuse doelwagter in die laat 1970’s ná die uittrede van Alex Stepney. In die vroeë tot middel 1980’s is hy beskou as een van die beste doelwagters in Engeland. Gedurende sy tyd by Manchester United het Bailey FA-beker medaljes gewen in 1983 en 1985. Hy het onder drie United-afrigters gespeel: Dave Sexton, Ron Atkinson, en Alex Ferguson.

Hy het twee keer die Engelse nasionale span op senior vlak verteenwoordig, maar kon hom nie in die beginspan vestig nie weens die vorm van die meer ervare Peter Shilton en Ray Clemence. Hy het sy eerste wedstryd vir Engeland gespeel teen Ierland op 26 Maart 1985 (Engeland het 2–1 gewen). Sy tweede en laaste internasionale wedstryd was op 9 Junie daardie jaar in ’n 1–0 nederlaag teen Meksiko.

Hy het egter ’n ernstige kniebesering opgedoen tydens ’n oefensessie by die 1986 FIFA Wêreldbeker, en het die grootste deel van die 1986–87 seisoen gemis.1986 FIFA World Cup: England Squad FIFA Daarna het hy uitgetree en na Suid-Afrika teruggekeer.

Hy het later sy loopbaan hervat met Kaizer Chiefs in 1988 en ’n viervoudige trofee-seisoen in 1989 gewen voordat hy in 1990 uiteindelik afgetree het.

Peter Schmeichel het in ’n uitsending van BBC Match of the Day gesê dat Gary Bailey sy gunsteling-doelwagter was toe hy as kind in Denemarke grootgeword het.

Verwysings

Kategorie:Engelse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Lewende mense