Róbert Vittek (Slowaakse uitspraak: [ˈrɔːbert ˈʋitek]; gebore 1 April 1982) is ’n Slowaakse voormalige professionele sokkerspeler wat as ’n aanvaller gespeel het.

Met 23 doele in 82 wedstryde sedert 2001, is Vittek die tweede topskutspeker in die geskiedenis van die Slowaakse nasionale sokkerspan. Hy het vir Slowakye by die 2010 FIFA Wêreldbeker gespeel en vier doele aangeteken.

Verwysings

Kategorie:Slowaakse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1982 Kategorie:Lewende mense