Endoebis of Endubis (Grieks: Ενδυβις) was in die laat 3de eeu koning van die Koninkryk Aksoem. Hy was een van die eerste konings in Afrika wat sy eie geld gemunt het.Munro-Hay, "Aksumite Coinage" in African Zion: the Sacred Art of Ethiopia, ed. Marilyn Heldman (New Haven: Yale University Press, 1993), p. 101 Sy muntstukke is in goud, silwer en brons uitgegee en het inskripsies in Koine bevat.
Muntstukke Endoebis se geld dateer uit omstreeks 295-310 en is "ongetwyfeld [...] die oudste Aksoemitiese muntstukke". Hulle het die ontwerp bepaal wat sy opvolgers meestal gevolg het.
Sy gesig is aan die voor- en agterkant, met 'n garshalm weerskante. Endoebis en sy ongelowige opvolgers het boaan die muntstukke 'n halfmaan laat graveer "wat dalk die maangod, Sin, verteenwoordig, asook die skyf wat die songodin, Sjams, verteenwoordig het".Munro-Hay, Coinage, p. 45
Op sommige munte het Andoebis laat graveer: ΑΞΩΜΙΤΩ ΒΑϹΙΛΕΥϹ ("koning van Aksoem").
Verwysings
Skakels Bladsy met muntstukke wat onder Endoebis gemunt is
Kategorie:Konings van Aksoem