Aristea pauciflora is 'n knolagtige geofiet wat tot die genus Aristea behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom op die Kaapse Skiereiland voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 62 km². Die spesie het drie van vyf subbevolkings verloor weens ontwikkeling. Die vierde subbevolking word bedreig deur moontlike ontwikkeling en die vyfde word bedreig deur te veel veldbrande en indringerplante.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
pauciflora Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika