Twee vrouehaatterreuraanvalle het op die aand van 23 Mei 2014 in Isla Vista, Kalifornië, VSA, plaasgevind. Die 22-jarige Elliot Rodger het ses mense op die kampus van die Universiteit van Kalifornië, Santa Barbara, vermoor en 14 ander beseer deur hulle te skiet, te steek en met sy motor te stamp voordat hy homself doodgeskiet het.

Moordtog In sy woonstel het Rodger sy twee kamermaats en 'n vriend in 'n lokval gelei en een vir een doodgesteek toe hulle daar aankom. Sowat twee uur later het hy na 'n vrouekoshuis gery en toe hy nie kon inkom nie, drie vroue naby die koshuis geskiet, van wie twee gesterf het. Hy het toe verby 'n nabygeleë delikatesse gery en 'n man doodgeskiet wat binne-in was.

Daarna het hy in Isla Vista rondgery en verskeie voetgangers uit sy motor geskiet en gewond, en ander met sy motor gestamp. Hy en die polisie het twee keer op mekaar geskiet en hy is in die heup gewond. Nadat sy motor in 'n geparkeerde voertuig vasgery het, is hy dood binne-in aangetref met 'n noodlottige skietword aan sy kop.

thumb|150px|links|Rodger Aanvaller Elliot Oliver Robertson Rodger is op 24 Julie 1991 in Londen, Engeland, gebore. Hy het as kind geestesgesondheidsprobleme gehad: Hy het sosiale situasies moeilik gevind, dikwels in skares gehuil en herhalende gedrag geopenbaar. Hy het dikwels gepraat van selfmoord pleeg, maar het geen geskiedenis van geweld gehad nie. In 2007 is hy gediagnoseer met ontwykende ontwikkelingsindroom wat nie andersins gespesifiseer is nie. As 'n volwassene het hy woede getoon teenoor paartjies en het hy moeilik gesosialiseer.

Rodger het 'n manifes van 137 bladsye geskryf oor sy lewe en die frustrasie om nooit seks te gehad het nie. Hy het vroue vir dié situasie blameer. In sy manifes skryf Rodger oor sy plan om 'n aanval uit te voer en noem dit 'n "dag van vergelding".

thumb|240px|links|Rodger het beplan om die Alpha Phi-koshuis aan te val. Hy het beplan om na sy pa se huis te ry en sy stiefma en halfbroer te vermoor. Hy sou dan hulle motor steel en terugry na Isla Vista, waar hy inwoners van die Alpha Phi-koshuis sou vermoor en die koshuis aan die brand sou steek. Daarna wou hy soveel mense as moontlik in Isla Vista met die motor doodry.

Rodger het ook video's op YouTube gelaai waarin hy sy sienings van die lewe, sy eensaamheid en sy frustrasie oor sy romantiese mislukkings beskryf. Hy het ook opmerkings geplaas op aanlyn forums vir vrouehaters en antifeministe, soos PUAHate.

Rodger het besluit hy wil die lotto wen en het gedink dit is die enigste manier om 'n meisie te kry. Teen Junie 2012 het hy geskryf as hy die Mega Millions-boerpot wen, sal hy nie die aanval uitvoer nie. Hy het dit egter nie gewen nie en het tussen Desember 2012 en April 2014 vuurwapens en ammunisie begin koop. Hy het die aanval twee keer uitgestel, een keer weens siekte, tot 24 Mei 2014. Hy het dit egter eindelik die dag tevore uitgevoer.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Massamoorde