Die rioolmuggies (Psychodidae) is 'n familie van insekte wat tot die orde Diptera (tweevlerkiges) hoort. Die spesies is klein, 2-4 mm groot. Die muggies het breë, plat, motagtige vlerke en die volwasse wyfies is bloedsuiers, veral met reptiele. Daar is tans 23 spesies bekend met vele wat nog benaam moet word. Hierdie familie kan maklik met witvlieë, (Aleyrodidae) of rikaniede (Ricaniidae) verwar word.

Verwysings

Bronnelys Insektopedie, Erik Holm, Struik Nature, 2017,

Kategorie:Tweevlerkiges