Pous Leo XIV (Latyn: Leo PP. XIV; Italiaans: Papa Leone XIV; Engels: Pope Leo XIV; Spaans: Papa León XIV; gebore as Robert Francis Prevost op 14 September 1955 in Chicago, Illinois, Verenigde State) is die 267ste en huidige pous van die Rooms-Katolieke Kerk, biskop van Rome en staatshoof van die Vatikaanstad. Hy is op 8 Mei 2025 verkies tydens die konklaaf wat gehou is ná die dood van pous Franciskus. Tot sy verkiesing het Robert Francis Prevost as kardinaal-diaken van Santa Monica gedien. catholic-hierarchy.org: Pope Leo XIV – Robert Francis Prevost, O.S.A. Die naam Leo beteken "leeu".

Leo XIV is sowel die eerste Amerikaner en Peruaan wat tot hoof van die Rooms-Katolieke Kerk verkies is. Ná sy voorganger, pous Franciskus, is hy ook die tweede pous vanuit die Amerikas en die Nuwe Wêreld. Daarnaas is hy ook die sesde Augustyn en eerste sedert pous Gregorius VIII wat tot pous verkies is. Pous Leo XIV het homself genoem na pous Leo XIII (1878–1903), met sy slagspreuk nos multi in illo uno unum (Latyn vir: "Ons baie in daardie een [Christus] verenig"). Hy is op 18 Mei 2025 amptelik ingehuldig, waartydens hy ook sy pontifikale vissersring ontvang het.

Robert Francis Prevost is van Franse, Italiaanse en Spaanse herkoms. Hy is Engels, Spaans, Italiaans, Frans en Portugees magtig. Hy kan ook Latyn en Duits lees.

Biografie Pous Leo XIV is gebore as Robert Francis Prevost op 14 September 1955 in Chicago, Illinois, Verenigde State. Hy is die jongste seun van Louis Marius Prevost en Mildred Martínez. Prevost word op 19 Junie 1982 in Rome deur aartsbiskop Jean Jadot tot priester gewy. Op 12 Desember 2014 word hy titulêre biskop van Sufar. Hy word op 30 September 2023 kardinaal-priester met Santa Monica as titelkerk. Op 8 Mei 2025 volg hy pous Franciskus op. Pous Leo XIV het homself genoem na pous Leo XIII.

Kerklike loopbaan 19 Junie 1982 – tot priester gewy 12 Desember 2014 – tot biskop gewy 30 September 2023 – kardinaal-diaken van Santa Monica 8 Mei 2025 – pous van Rome

Pontifikaat duimnael|Pous Leo XIV se handtekening duimnael|Lande wat pous Leo XIV besoek het Ná die dood van pous Franciskus kies die kardinale Prevost as nuwe pous na twee dae se konklaaf op 8 Mei 2025. Leo XIV is die eerste Amerikaner en as gevolg van sy tweede staatsburgerskap ook die eerste Peruaan wat tot pous verkies is. Hy is die eerste lid van die Augustynse Orde wat die amp van pous beklee.

'n Nuwe pous se naamkeuse gee dikwels 'n aanduiding van wat hy gedurende sy ampstermyn wil verteenwoordig. Leo is Latyn en beteken "leeu". Die eerste pous met dié naam was Pous Leo I (440–461), wat eerste daarop aanspraak gemaak het dat hy die apostel Petrus se verteenwoordiger op aarde is, terwyl die laaste pous met die naam Leo, pous Leo XIII, bekend geword het as "die werkers se pous", aangesien hy hom beywer het vir billike lone, werkersregte en sosiale geregtigheid.

Bulle, briewe, ensiklieke en konstitusies Briewe Dilexi te ("Ek het jou liefgehad", 4 Oktober 2025)

Ensiklieke Magnifica Humanitas ("Wonderlike Menslikheid", 15 Mei 2026)

Verwysings

Eksterne skakels

Biografie van pous Leo XIV op die amptelike webwerf van die Heilige Stoel

Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Kategorie:Amerikaanse teoloë Kategorie:Peruane Kategorie:Pouse Kategorie:Geboortes in 1955 Kategorie:Lewende mense