Daniel Alexander "Danny" Jordaan (gebore op 3 September 1951) is die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (SAFA). Hy is 'n voormalige dosent, politikus en anti-apartheidaktivis. Hy het Suid-Afrika se suksesvolle 2010 FIFA Wêreldbeker-bod gelei, die eerste suksesvolle een vir Afrika, sowel as die land se onsuksesvolle bod vier jaar tevore vir die 2006 FIFA Wêreldbeker, en was die uitvoerende hoof van die 2010 FIFA Wêreldbeker Suid-Afrika. Hy is ook die voormalige burgemeester van die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit, en het vanaf Mei 2015 tot Augustus 2016 gedien.

Hy het FIFA in verskeie hoedanighede gedien, insluitend as 'n Algemene Koördineerder vir die Jeug-Wêreldbeker (nou FIFA o/20 Wêreldbeker), die 2001 FIFA Konfederasiebeker en die 2002 FIFA Wêreldbeker in Korea en Japan. Hy was ook 'n wedstrydkommissaris vir die 2006 FIFA Wêreldbeker en 'n lid van die 2006 FIFA Wêreldbeker Organiseringskomitee. Hy het op die 2010 FIFA Wêreldbeker Organiseringskomitee en die Konfederasiebeker in 2009 se Organiseringskomitee gedien.

Verwysings

Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Geboortes in 1951 Kategorie:Alumni van die Universiteit van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die African National Congress