Adenandra villosa is 'n klein struikie wat deel van die Rutaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap voor. Die plant word gevind vanaf die Koue Bokkeveld tot die noorde van die Kaapse Skiereiland asook in die Hottentots-Hollandberge, die Swartberge by Caledon en die Kleinrivierberge. Die spesie kom nie op die Kaapse Vlakte voor nie en is deel van die fynbos.

Infraspesies Die spesie het nege infraspesies: Adenandra villosa subsp. apiculata Strid Adenandra villosa subsp. biseriata (G.Mey. ex Bartl. & H.L.Wendl.) Strid Adenandra villosa subsp. imbricata Strid Adenandra villosa subsp. orbicularis Strid Adenandra villosa subsp. pedicellata Strid Adenandra villosa subsp. robusta Strid Adenandra villosa subsp. sonderi (Dümmer) Strid Adenandra villosa subsp. umbellata (J.C.Wendl.) Strid Adenandra villosa subsp. villosa

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World

villosa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika