The Residence is 'n Amerikaanse komediedrama vir televisie wat deur Paul William Davies vir Netflix geskep is. Dit is geïnspireer deur The Residence: Inside the Private World of the White House deur Kate Andersen Brower en gaan oor 'n fiktiewe moordskandaal wat die personeel van die Withuis betrek. Die première was op 20 Maart 2025.
Storielyn Cordelia Cupp, 'n esentrieke speurder, kom by die Withuis aan met die opdrag om 'n moord op te los wat tydens 'n staatsbanket plaasgevind het. Gedurende die ondersoek begin die interpersoonlike konflikte tussen 157 personeellede van die Withuis ontvou.
Rolverdeling Hoofakteurs Uzo Aduba as Cordelia Cupp, 'n speurder Giancarlo Esposito as A.B. Wynter, die Withuis se hoofkamerheer Molly Griggs as Lilly Schumacher, die president se sosiale sekretaresse Ken Marino as Harry Hollinger, die president se hoofadviseur Randall Park as Edwin Park, 'n spesiale agent van die FBI Susan Kelechi Watson as Jasmine Haney, 'n assistentkamerheer van die Withuis Jason Lee as Tripp Morgan, die president se broer Bronson Pinchot as Didier Gotthard, die Withuis se hooffyngebaksjef Julieth Restrepo as Elsyie Chayle, 'n huishouer Mel Rodriguez as Bruce Geller, 'n ingenieur Mary Wiseman as Marvella, die Withuis se uitvoerende sjef
Ander akteurs Jane Curtin as Nan Cox, skoonma van die president Paul Fitzgerald as Perry Morgan, die Amerikaanse president Barrett Foa as Elliot Morgan, die president se man Timothy Hornor as Patrick Doumbe, wat immuniteit gekry het om voor die Kongres te getuig Julian McMahon as Stephen Roos, die Australiese eerste minister Kylie Minogue as haarself Brett Tucker as David Rylance, die Australiese minister van buitelandse sake Nathan Lovejoy as Alden Tamridge, die Australiese ambassadeur in die VSA Catherine Carlen as Kim Abkin, die voormalige eerste dame Jeremiah Felder as Vusi Nhlapho, 'n vrypostige 12-jarige leerling
Ontvangs Op Rotten Tomatoes het die reeks 'n goedkeuringsyfer van 82% gekry met 'n gemiddelde punt van 6,7/10, gebaseer op 39 resensies. Volgens die webtuiste is The Residence 'n "lighartige moordreeks wat nie die brein te veel inspan nie, maar Uzo Aduba se eksentrieke speurwerk gee 'n welkome vlak van sofistikasie daaraan".
Op Metacritic het dit 66 uit 100 gekry, gebaseer op 22 resensies, wat dui op algemene byval.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Amerikaanse televisiereekse