duimnael|Koopmanskloof. Koopmanskloof is ‘n natuurreservaat en wynlandgoed in die Boland van Suid-Afrika.
Die plaas by Bottelary is by nagenoeg 33° 54′ suid, 18° 45′ oos en langs die M23-pad tussen Koelenhof en Brackenfell. Dit is in 1777 deur die VOC toegeken aan Isaac Bosman. In die laat 1980's is 98 ha op die Bottelary-heuwels van die plaas se 220 ha tot natuurreservaat verklaar om die inheemse bome en fynbos te beskerm.
Bronnelys Conserva. Departement van Omgewingsake. Junie 1987, deel 2, nr. 3. ISSN 0258-3313
Verwysings
Kategorie:Wynbou in Suid-Afrika Kategorie:Natuurreservate in die Wes-Kaap