duimnael| Hofgarten (Hof tuin) in Innsbruck, Oostenryk Die Hofgarten is 'n beskermde park geleë aan die rand van die Altstadt (Ou Stad) gedeelte van Innsbruck, Oostenryk.Innsbrucker Hofgarten Die park beslaan 'n oppervlakte van 10 hektaars (25 akkers)en grens aan die Hofburg, die Kongresshaus en die Tiroolse Staatsteater.
Die Hofgarten is oorspronklik in die sestiende eeu op die terrein van 'n rivierweiveld uitgelê onder leiding van Ferdinand II, Aartshertog van Oostenryk. Dit was destyds een van die mees uitgebreide tuine wat noord van die Alpe uitgelê is. Gedurende sy 600-jarige geskiedenis is dit omskep in 'n Renaissance- tuin, 'n Franse formele tuin en sedert 1858, 'n Engelse landskaptuin. Die laaste omskakeling is deur Friedrich Ludwig von Sckell ontwerp, maar is eers vier dekades later uitgevoer deur 'n onbekende landskapontwerper wat aansienlik van die oorspronklike ontwerp van Sckell afgewyk het.
Die Hofgarten word bestuur deur die Oostenrykse Federale Tuine (Österreichischen Bundesgärten), 'n onderafdeling van die Ministerie van die Omgewing (Bundesministerium für Land- und Forstwirtschaft, Umwelt und Wasserwirtschaft). links|duimnael| Tiroler Kunstpavillon in die Hofgarten Die Hofgarten is 'n ontspanningsarea in die Ou Stad van Innsbruck met 'n interessante en gevarieerde verskeidenheid van groot bome, 'n stel damme, 'n moderne kinderspeelpark, 'n palmhuis en 'n gewilde tuinrestaurant.
Die Hofgarten-bestuur is verantwoordelik vir die versorging van die park. Dit is opmerklik dat daar nog plante in die park is wat persoonlik deur die Oostenrykse Keiserin, Maria Theresa, geplant is. Die Tiroler Kunstpavillon (Tiroolse Kunspaviljoen) in die middel van die park dateer uit 1733. Vandag ondersteun die pawiljoen talle geleenthede — waarvan hoofsaaklik konserte. Skaaktoernooie word op die groot skaakborde langs die pawiljoen gespeel.
Daar is 'n grasperk vir sonbaai in die Hofgarten met 'n kinderspeelpark. Andersins is dit nie toelaatbaar om op die versierde grasperke te loop nie, want dit is kwesbaar vir oormatige gebruik.
Die palmhuis bevat 'n omvattende versameling van ongeveer 1 700 plantspesies, wat meestal op werksdae besigtig kan word. Tydens die tydelike kuns- en beeldhou-uitstallings in die somerseisoen kan die palmhuis ook oor naweke besoek word.
Verwysings
Eksterne skakels Oostenrykse Federale Tuin webwerf oor die Hofgarten Gebeurteniskalender vir die Hofgarten
Kategorie:Innsbruck Kategorie:Oostenryk Kategorie:Tuine Kategorie:Parke Kategorie:Tirol Kategorie:Besienswaardighede Kategorie:Toerisme in Europa Kategorie:Plante Kategorie:Bome Kategorie:Kultuur