Dié artikel is 'n lys van onopgeloste probleme in sterrekunde. Probleme kan teoreties of eksperimenteel wees. Teoretiese probleme spruit uit 'n onvermoë van huidige teorieë om waargenome verskynsels of eksperimentele resultate te verduidelik. Eksperimentele probeleme spruit uit 'n onvermoë om 'n voorgestelde teorie te ondersoek. Ander probleme omsluit unieke gebeure of verskynsels wat hulleself nie herhaal het nie.

Planetêre sterrekunde Sonnestelsel Wentelende liggame en rotasie: Is daar enige planete buiten dwergplanete anderkant Neptunus? Hoekom het ekstreme trans-Neptunus-voorwerpe verlengde wentelbane?Sien Planete anderkant Neptunus#Wentelbane van verafgeleë voorwerpe vir besonderhede. Die rotasietempo van Saturnus: Hoekom roteer Saturnus se magnetosfeer teen 'n tempo na aan dié van die planeet se wolke? Wat is die rotasietempo van Saturnus se diep binnekant? Satellietgeomorfologie: Wat is die oorsprong van die hoë bergreeks op die ewenaar van Saturnus se maan Iapetos? Is die berge die oorblyfsels van 'n warm en vinnig roterende jong Iapetos? Is die berge as gevolg van materiaal van Saturnus se ringe wat mettertyd op die oppervlak versamel het?

Ekstrasolêr Hoe algemeen is sonnestelselagtige planetêre stelsels? Sommige waargenome planeetstelsels bevat Superaardes en Warm Jupiters wat baie na aan hulle sterre wentel. Stelsels met jupiteragtige planete in jupiteragtige wentelbane blyk skaars te wees. Verskeie moontlikhede bestaan oor hoekom jupiteragtige wentelbane skaars is, insluitende 'n gebrek aan data of die hipotese dat Jupiter naby die Son ontstaan en toe verder weg migreer het. Hoe vorm dubbelvoorwerpe met die massa van Jupiter?

Stellêre astronomie en astrofisika Sonsiklus: Hoe genereer die Son sy periodiek omgekeerde grootskaalse magnetiese veld? Hoe genereer ander sterre hulle magneetvelde, en wat is die ooreenkomste en verskille tussen steraktiwiteitsiklusse en dié van die Son? Koronaverhitting: Hoekom is die Son se korona soveel warmer as die Son se oppervlak? Ruimteweervoorspelling: Hoe produseer die Son sterk suiwaarts gerigte maneetvelde in plasmawolke wat lei tot geomagnetiese storms? Hoe kan ons solêre en geomagnetiese superstorms voorspel? Wat is die oorsprong van die stermassaspektrum? Dit is, hoekom neem sterrekundiges dieselfde verspreiding van stermassas waar ongeag die aanvanklike toestande? Supernova: Wat is die maganisme waardeur die inploffing van 'n sterwende ster 'n ontploffing word? Vinnige radioflitse: Wat veroorsaak dié kortstondige radiopulse van verafgeleë sterrestelsels wat elk 'n paar millisekondes duur? Hoekom word sommige teen onvoorspelbare tusenposes herhaal en baie ander nie? Sommige modelle is voorgestel, maar nie een word algemeen aanvaar nie. Die aard van KIC 8462852, algemeen bekend as Tabby se Ster: Wat is die oorsprong van die ongewone helderheidsveranderings van dié ster?

Galaktiese astronomie en astrofisika frame|regs|220px|Die rotasiekurwe van 'n tipiese spiraalsterrestelsel: voorspel (A) en waargeneem (B). Kan die teenstrydigheid tussen die kurwes aan donker materie toegeskryf word? Galaktiese rotasie: Is donker materie (alleen) verantwoordelik vir verskille in die waargenome en teoretiese snelheid van sterre wat om die middelpunt van sterrestelsels wentel? Metaal-ouderdomsverhouding in die galaktiese skyf: Is daar 'n universele verhouding tussen metaalinhoud en ouderdom in die galaktiese skyf (in beide die "dun" en "dik" dele van die skyf)? In die plaaslike (hoofsaaklik dun) skyf van die Melkweg is daar geen getuienis van 'n groot verhouding nie. 'n Monster van 229 nabygeleë sterre in die "dik" skyf is ondersoek om 'n verhouding vas te stel, en dit dui daarop dat daar 'n verhouding tussen metaalinhoud en ouderdom in die dik skyf bestaan. Ultrahelder X-straalbronne (UHX'e): Wat is die krag agter X-straalbronne wat nie met aktiewesterrestelselkerns verbind word nie, maar die Eddington-limiet van 'n neutronster of stellêre swartkolk oorskry? Is dit vanweë swartkolke met 'n middelmatige massa? Sommige UHX'e is periodiek, wat dui op 'n nie-isotropiese emissie van 'n neutronster. Geld dit vir alle UHX'e? Hoe kan so 'n stelsel vorm en stabiel bly?

Swartkolke Singulariteite: Hou algemene relatiwiteit op geld in 'n swartkolk vanweë kwantumeffekte, torsie of ander verskynsels? Struktuur: Het swartkolke 'n interne struktuur? Indien wel, hoe kan dit ondersoek word? Supermassiewe swartkolke: Wat is die oorsprong van die M-sigma-verhouding tussen die massa van supermassiewe swartkolke en die snelheidsverspreiding van sterrestelsels? Vorming van kwasars met 'n groot rooiverskuiwing: Hoe groei die mees verafgeleë kwasars hulle supermassiewe swartkolke van tot 1010 sonmassas so vroeg in die geskiedenis van die heelal (met 'n rooiverskuiwing van groter as 6 tot 7)? Termiese straling: Produseer swartkolke termiese straling, soos verwag op teoretiese grond? Indien wel, wat beteken swartkolke kan verdamp: Wat gebeur met die inligting wat in hulle opgesluit lê? Dit lyk belangrik, want inligting kan nie vernietig word nie. Hou die straling vir swartkolkoorblyfsels in 'n stadium op? Spermure: Bestaan spermure om swartkolke? Originally published in Quanta, December 21, 2012. Dit lyk of daar swartkolke is wat saamgesmelt het. Die teorie is egter dat wanneer swartkolke tot 1 parsek van mekaar af kom, dit miljarde jare kan duur tot hulle naby genoeg aan mekaar kom om saam te smelt, langer as wat die heelal oud is. Naakte singulariteit: Is die kosmiesesensuurhipotese, waarvolgens naakte singulariteite nie kan bestaan nie, korrek? Bestaan daar 'n naakte singulariteit?

Kosmologie thumb|Die geraamde verspreiding van donker materie en donker energie in die heelal.

Kosmologiese beginsel: Is die heelal homogeen en isotroop op voldoende groot skale, soos beweer deur die kosmologiese beginsel? Of is die heelal onhomogeen of anisotropies? Is die kosmiese-mikrogolfagtergrond-dipool suiwer kineties, of dui dit op anisotropie in die heelal? Is die Hubble-spanning bewys dat die kosmologiese beginsel vals is? Word die waarnemings wat as die versnellende uitdying van die heelal geïnterpreteer word, reg verstaan of is dit eerder bewys dat die kosmologiese beginsel vals is? Stem kosmologiese waarnemings van die Aarde af ooreen met waarnemings van ander plekke in die heelal af?

Donker materie: Wat is die identiteit en samestelling van donker materie? Is donker materie 'n deeltjie? Indien wel, watter soort? Dui die verskynsels in sterrestelsels wat aan donker materie toegeskryf word op 'n gewysigde gravitasieteorie eerder as 'n ander soort materie?

Donker energie: Wat veroorsaak die waargenome versnellende uitdying van die heelal? Los vroeë donkerenergiemodelle die Hubble-spanning op?

Barion-asimmetrie: Waarom is daar baie meer materie as antimaterie in die waarneembare heelal?

Verwysings

Skakels

Kategorie:Sterrekunde