Die Nooitgedachtdam in die Komatirivier is net noordwes van Carolina in Mpumalanga geleë.

Die dam is by 25° 57′ 01″ suid, 30° 05′ 01″ oos en die meer word omring deur die Nooitgedachtdamnatuurreservaat. Die grondwal is in 1962 gebou en die dam is staatseiendom. In die dam vloei die Vaalwaterspruit, die Boesmanspruit en die Witkloofspruit ineen en gaan dan saam verder as die Komatirivier (ook bekend as Rio Incomati waar dit deur Mosambiek vloei).

Die damwal is 41,8 m hoog, 1053 m lank en skep 'n opvangsgebied van 1588 m². Wanneer die dam vol is, het dit 'n teoretiese volume van 84 miljoen m³ en vorm dan 'n meer met 'n oppervlakte van 763 ha. Die water word aangewend vir huishoudelike en nywerheidsgebruik, sowel as vir besproeiing van gewasse op plase.

Let wel By Mabopane in Noordwes by die koördinate is ook 'n kleiner Nooitgedachtdam, direk langs die voormalige Morula Sun casino.

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Mpumalanga Kategorie:Noordwes