duimnael Kenzaburō Ōe (大江 健三郎, Ōe Kenzaburō, 31 Januarie 1935 – 3 Maart 2023) was 'n Japannese skrywer en 'n groot figuur in die kontemporêre Japannese letterkunde. Sy romans, kortverhale en essays, sterk beïnvloed deur die Franse en Amerikaanse letterkunde en literêre teorie, handel oor politieke, sosiale en filosofiese kwessies, insluitend kernwapens, kernkrag, sosiale nie-konformisme en eksistensialisme. Ōe is in 1994 met die Nobelprys vir Letterkunde bekroon vir die skep van "'n verbeelde wêreld, waar lewe en mites saamsmelt om 'n ontstellende prentjie van die menslike penarie vandag te vorm". Eksterne skakels

Kategorie:Japannese skrywers Kategorie:Nobelprys vir Letterkunde wenners Kategorie:Geboortes in 1935 Kategorie:Sterftes in 2023 Kategorie:Japannese letterkunde