Die Phong Nha-Ke Bang Nasionale Park (Viëtnamees: Vườn quốc gia Phong Nha-Kẻ Bàng) is 'n nasionale park in die Sosialistiese Republiek van Viëtnam. Phong Nha-Ke Bang lê 20 km van die Suid-Chinese See en 450 km suid van Hanoi. Dong Hoi-lughawe is 44 kilometer noord van Phong Nha-Ke Bang geleë. Phong Nha-Ke Bang Nasionale Park is 50 kilometer noord van Dong Hoi geleë. Die park bevat 300 grotte met 'n totale lengte van 70 km. Die park is in 2003 as een van UNESCO se wêrelderfenisgebiede gelys en in 2015 is die inskripsie uitgebrei.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf Amptelike UNESCO bladsy

Kategorie:Nasionale parke van Viëtnam Kategorie:Quang Binh Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Viëtnam