Kevin De Bruyne (gebore 28 Junie 1991 in Drongen, Gent) is 'n Belgiese professionele sokkerspeler wat vir Napoli in Serie A en die Belgiese nasionale span speel. Hy word beskou as een van die beste middelveldspelers ter wêreld vanweë sy uitsonderlike spelvisie, akkurate aangee en doelskietvermoë.

De Bruyne het sy loopbaan by Genk begin, waar hy in 2010 die Belgiese Pro Liga gewen het. In 2012 het hy by Chelsea aangesluit, maar het min speeltyd gekry en is op lening na Werder Bremen gestuur. Hy het in 2014 by VfL Wolfsburg aangesluit, waar hy die Bundesliga se Speler van die Seisoen was. Sy indrukwekkende vertonings het in 2015 'n oorgang na Manchester City verseker.

By Manchester City het De Bruyne verskeie Premier League-titels, FA-bekers en EFL-bekers gewen. Hy was 'n sleutelfiguur in City se trippelwen in 2022-23, wat die UEFA Champions League, Premier League, en FA-beker ingesluit het. Na 10 suksesvolle jare in Noordwes-Engeland het hy in Junie 2025 na Kampanië en Napels verhuis om vir die legendariese klub Napoli te speel, waar onder andere Diego Maradona 'n groot deel van sy loopbaan deurgebring het.

Op internasionale vlak het hy België gehelp om die derde plek in die 2018 FIFA Wêreldbeker te verower.

Verwysings

Kategorie:Belgiese sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1991 Kategorie:Lewende mense