Die Senegalese nasionale sokkerspan (Frans: Équipe du Sénégal de football) verteenwoordig Senegal in internasionale sokker en word beheer deur die Senegalese Sokkerfederasie. Die span neem deel aan kompetisies van die Konfederasie van Afrikasokker en FIFA.

Senegal het in 2002 wêreldwyd aandag getrek toe hulle in hul eerste FIFA Wêreldbeker-verskyning die verdedigende kampioen, Frankryk, in die openingswedstryd verslaan het. Die span het die kwartfinaal gehaal, wat hulle een van slegs twee Afrikaanse spanne gemaak het wat dit destyds reggekry het.

In 2022 het Senegal sy eerste Afrikanasiesbeker-titel gewen deur Egipte in die eindstryd te klop ná ‘n strafdoelstryd. Vier jaar later het hulle die gasheer van die Afrikanasiesbeker 2025, Marokko, met 2–1 in die eindstryd verslaan. Hierdie titel is egter later teruggetrek weens chaotiese tonele in die eindstryd, waar die hoofafrigter, Pape Thiaw, sy span aan die einde van die regulêre speeltyd van die veld af geneem het.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Nasionale sokkerspanne Kategorie:Sokker in Senegal