Die anysboegoe (Agathosma cerefolia) is 'n struik wat deel van die Rutaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Oos-Kaap en die Wes-Kaap vanaf Hermanus tot by Humansdorp voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van groter as 50 000 km² en is deel van die fynbos. Die spesie staan ook as klamboegoe, steenbokboegoe en strandboegoe bekend.

Die spesie het in die laer liggende gebiede van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing en ontwikkeling aan die kus.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Eksterne skakels

cerefolia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika