Verskeie vreedsimbole word in verskillende kulture gebruik. Die duif en olyftak is deur vroeë Christene as simbole gebruik en later deur Pablo Picasso se Duif-litografie na die Tweede Wêreldoorlog gewild gemaak. In die 1950s is die "vreesteken" deur Gerald Holtom ontwerp vir die Britse Campaign for Nuclear Disarmament (CND), en deur anti-oorlog- en teenkultuur-aktiviste aangeneem.

Die V-handteken en die vredevlag het ook internasionale vreedsimbole geword.

Olyftak

Klassieke oudheid

Die olyftak as vreedsimbool dateer uit die 5de eeu v.C. Griekeland. Dit was 'n eienskap van Eirene, die Griekse godin van vrede. Die Romeinse digter Virgil het die olyftak met vrede verbind in sy Aeneid.

Duif en olyftak Christendom

Die duif as vreedsimbool het ontstaan by vroeë Christene, wat dit met doop verbind het.James Elmes, A General and Bibliographical Dictionary of the Fine Arts, Londen Die Nuwe Testament vergelyk die duif met die Heilige Gees.Matteus 3:16

Verwysings

Kategorie:Simbole